Background Image
Previous Page  60 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

58

Hoe hanteer jy moeilike tye?

D

it gebeur soms in ons lewe dat ons omring word deur

negatiwiteit en omstandighede wat ons drome versmoor

en ons hoop vernietig. In sulke tye voel die lewe soos ‘n

groot berg voor ons waaroor ons nooit gaan kom nie.

Wanneer dit gebeur, voel dit ook asof dit die enigste ding is waaraan

jy kan dink en wat saak maak. Hierdie gevoel is absoluut normaal

en gebeur die een of ander tyd in ons lewe met almal van ons.

Wanneer dit egter verbygaan (niks in die lewe hou vir ewig aan

nie) en ons aanbeweeg het, is ons gewoonlik weer dankbaar oor al

ons seëninge. Dit is juis in hierdie tye wat ons soms agterkom hoe

sterk ons eintlik is, maar ook hoe nodig ons ander mense het.

Ons het nie altyd beheer oor dit wat met ons gebeur nie, maar ons

het wel beheer oor hoe ons gaan optree. Moeilike tye gaan nie net

oor geld, droogte of stof nie, maar gaan eerder daaroor dat ons

hoop, drome en doelwitte nie mag opdroog nie.

Hier is vyf maniere om jou en jou geliefdes gemotiveerd te hou

gedurende moeilike tye.

Neem kontrole oor wat jy kan beheer en

hou op om te bekommer oor die dinge

wat jy nie kan beheer nie

Sommige dinge (soos die weer) is buite ons beheer en ons kan niks

doen om dit te verander nie. Die probleem is egter dat, indien jy

gaan toelaat dat dit jou emosioneel aftakel, jy dit ook gaan oordra

aan jou familie, werknemers en vriende.

Dit beteken dat jy en die mense om jou in ‘n negatiewe spiraal gaan

beland wat later al hoe moeiliker raak om te ontsnap. Fokus dus eer-

der op dinge wat jy wel kan bestuur en verander, bepaal jou doel-

witte om dit te bereik en vier die suksesse saam met jou mense.

Assosieer jouself met positiewe mense

In moeilike tye is dít waarskynlik die belangrikste ding wat jy kan

doen. Daar is twee tipes mense in die lewe: Dié wat energie uit

jou tap en dié wat vir jou energie gee. In moeilike tye is dit baie

belangrik om jou te assosieer met mense wat vir jou energie gee en

‘n bydrae maak tot jou positiewe emosionaliteit omdat jý weer die

een is wat dit moet oordra aan jou familie, werknemers en vriende.

Negatiewe mense en gesprekke gaan beslis jou energie dreineer,

jou net meer en meer laat fokus op al die negatiewe goed en jou

selfs in ‘n negatiewe spiraal plaas. Dink watter impak dit op jou

familie en vriende gaan hê.

Wanneer jy jouself dus in so ‘n negatiewe gesprek bevind (wat in

moeilike tye heel moontlik is), verander die gesprek onmiddellik na

iets positiefs, soos: “Ek is besig om hierdie nuwe projek van my af

te handel en ek is so opgewonde dat dit ‘n groot verskil gaan maak

in my besigheid.”

Maak ‘n plan en doen wat jy doen na die

beste van jou vermoë

Die gesegde: “’n Boer maak ‘n plan” bestaan nie om dowe neute

nie. Produsente is deur die jare bekend daarvoor dat hulle planne

kan beraam. Wanneer omstandighede moeilik is, is dit egter nog

meer noodsaaklik dat daar positiewe planne gemaak moet word om

te oorleef.

Hier is dit weer belangrik om jou planne met positiewe mense te

bespreek. Hou maar eerder verby die pessimis se plaas en bespreek

jou planne met positiewe persone wat ‘n bydrae gaan maak tot jou

optimisme en energie om jou planne suksesvol uit te voer. Só leer

julle ook van mekaar.

Jy moet ook onthou dat niemand jou gedwing het om ‘n produsent

te wees nie. Dit was jou eie keuse. Jy moet dus verstaan dat daar

(soos in enige ander bedryf) op- en af-tye gaan wees. Besin (saam

met jou familie en vriende) eerder oor die tye toe dit goed gegaan het

en werk dan met nuwe ywer omdat daardie tye weer om die draai is.

Hanteer ander persone as mense en nie as

objekte nie

Een van die grootste uitdagings vir ons as mense in moeilike tye is

om ander persone waarmee ons te doen het (plaaswerkers, familie

en vriende) te hanteer as mense en nie as objekte nie. In moeilike

tye is ons geneig om ander te beskou as objekte en hulle te hanteer

as “hindernisse” (hulle blokkeer my om in hierdie moeilike tye te

oorleef).

Ons hanteer ook dikwels ander mense as “voertuie” (ek het hulle

net nodig om nou te oorleef). Wanneer jy dit doen, is jy eintlik be-

sig om jouself en daardeur ook geliefdes en vriende, te verraai en

moet jy nie verwag dat hulle gewillig en beskikbaar gaan wees om in

die toekoms by jou te staan en jou te ondersteun nie.

Alles begin by jou

Dra dus elke dag – al is dit hoe moeilik – jou positiewe energie oor

aan die mense waarvoor jy lief is en vir wie jy omgee. Indien dit by

jou begin, sal jy verbaas wees hoeveel hulle bereid is om vir jou

terug te gee.

Assosieer jouself met positiewe mense en vermy die pessimiste en

mense wat die energie uit jou tap. Laastens en belangrikste – doen

wat jy kán doen met volle oorgawe en weet dat die moeilike tye

binnekort iets van die verlede gaan wees en dat jy en jou geliefdes

dan kan terugkyk in die wete dat dit julle nader aan mekaar gebring

het en dat almal iets daaruit geleer het.

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die skielike afsterwe

van dr Kobus Serfontein op 30 Maart vanjaar. Ons gebede is met sy

familie en vriende – Red.

AKTUEEL

– Gee jy energie aan ander mense

of tap jy voortdurend energie uit ander?

KOBUS SERFONTEIN,

hoof: Leierskap en Transformasie: Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool

Denkebestuur