Background Image
Previous Page  65 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 72 Next Page
Page Background

Kry jou splinternuwe

Produksiehandleiding

nou

Kan nuwe kultivars

die droogte troef?

D

ie LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) 2016

Produksiehand-

leidings

is reeds vanaf einde Maart by die LNR-KGI op

Bethlehem beskikbaar. Die boekies is vanaf die eerste

week in April by jou naaste koöperasie/landboubesigheid

beskikbaar en nou kan produsente ook die jongste resultate op die

webwerf

www.arc.agric.za/arc-sgi

kry.

Die LNR-KGI publiseer jaarliks hierdie kompakte handleiding wat

die jongste inligting en resultate ten opsigte van kultivarprestasie,

onkruid-, siekte- en insekbeheer, asook ander algemene bestuurs-

praktyke met betrekking tot suksesvolle kleingraanverbouing bevat.

Hierdie handleidings stel baie nuttige en duidelike riglyne waarbinne

aanbevelings en produksiebesluite gemaak behoort te word. Dit is

vir navorsers by die LNR-KGI belangrik dat kleingraanprodusente

altyd toegang het tot die nuutste onafhanklike koringinligting.

Twee afsonderlike handleidings is in Afrikaans en Engels beskik-

baar vir die somer- en winterreënvalgebiede onderskeidelik. Danksy

finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust, kan die

Produk-

siehandleidings

gratis aan kleingraanprodusente verskaf word.

Die handleidings is ook beskikbaar op CD. Sou jy verkies om die

boekie dan eerder elektronies te gebruik, of om die boekie per pos te

ontvang, kan jy me Eveline Mofokeng by 058 307 3400 kontak.

Die handleidings sal ook tydens die NAMPO Oesdag van 17 tot

20 Mei by die LNR-KGI se stalletjie in die Microbial Solution-saal

beskikbaar wees.

M

et die droogte wat soos ‘n donker wolk oor die land-

bousektor hang, het Klein Karoo Saad (K2) meer klem

op die toets en ontwikkeling van droogte- en siektebe-

stande kultivars begin plaas. Tydens ‘n boeredag wat op

16 Maart in die Bapsfontein-omgewing gehou is, is meer inligting

oor hierdie kultivars gegee.

Nuwe kultivars word gereeld getoets om te bepaal of die spesifieke

kultivars ‘n goeie opbrengs in droë omstandighede sal realiseer.

Kultivars wat goeie potensiaal toon, word ook getoets teen waar-

skynlike siektes waarna die suksesvolste kultivars K2 se goedkeu-

ring kry. Produsente kan daarom professionele advies ten opsigte

van die gepaste kultivars vir hul boerderye ontvang.

K2 se uitblinker in sy sojaboonreeks is tans NS5009R, wat die beste

gevaar het teen Sclerotinia. Daar is ook ander kultivars beskikbaar,

soos NA5509R en NS7211R, wat hoër rank as die norm en beter

potensiaal het vir ‘n hoër opbrengs.

Die mees belowende kultivar van K2 se geelmieliereeks is 8214R. Dié

kultivar het ‘n ultra-vinnige groeiperiode en ontwikkel die vinnigste

tot op ‘n 50%-blomstadium. Dit is ook bestand teen streepsiekte.

8216BR volg op die hakke van 8214R en toon soortgelyke resultate.

Op hul beurt het 4522B en 4520 dié kultivars wat die langste groei-

periode het, maar die hoogste opbrengs lewer.

63

May 2016

AKTUEEL

ELRI BURGER,

skakelbeampte: LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Gerhard Engelbrecht (landboukundige: K2) vertel besoekers meer

oor die nuwe sojaboonkultivars wat onlangs vrygestel is.

Foto’s: Hanno

Seegers, Infoworks

2: Danie Leeuwner (navorsingsbestuurder: Mielies, K2) beskryf 8326B,

wat ‘n reeks toetse moes deurgaan om te bepaal hoe dit teen siektes

vaar en die resultate lyk belowend. 8326B is volgens hom ‘n goeie opsie

gedurende die droogte.

Foto’s: Hanno Seegers, Infoworks

2

Afsonderlike handleidings is in Afrikaans en Engels vir die somer- en

winterreënvalgebiede beskikbaar.

1