Background Image
Previous Page  62 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 72 Next Page
Page Background

Baie geluk aan Karen van Zyl van Hopetown

wie se foto “Kleure van die natuur: Groen en

blou” aan haar ‘n eerste plek in die Maart-

uitgawe besorg het. Hiermee het sy vir haar-

self R1 000 kontant, met komplimente van

Sasol, losgeslaan.

Gaan kry hier kleur-

inspirasie vir jou foto’s.

AKTUEEL

Fotokompetisie

Laat een kleur

oorheers

H

et jy dit al oorweeg om net een kleur in jou foto te gebruik

– of dat net een kleur die foto oorheers? Die kleur word dan

die hoofonderwerp van die foto. Die effek is selfs sterker as

die dominante kleur 'n primêre kleur (rooi, geel of blou) is.

Waar om verdere inspirasie te vind

Een van die beste maniere om oor fotografie te leer, is deur die werk

van gekonfyte fotograwe te bestudeer. Gaan lees gerus Andrew

Gibson se artikel “7 ways to create powerful photos with colour”

op die internet (skandeer die

QR-kode

) om inspirasie vir kleure

(spesifiek in landbou) te kry. Hy gee ook name van ander bekende

fotograwe wat kleur in hul foto’s gebruik.

Lekker eksperimenteer met kleur!

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

In die derde plek is Candice Bunge van Reitz se kiewieteiers-foto

“Moederaarde se broeikas”.

Amanda van Blerk van Clarens se foto “‘n Storm is op pad” het ‘n

tweede plek behaal. Lerata Motswetsi maak die hek oop.

3

de

2

de