Background Image
Previous Page  69 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 72 Next Page
Page Background

Nuwe Toyota Fortuner – die absolute SNV

k

ort nadat die nuwe Hilux-reeks in Suid-Afrika bekend

gestel is, is ‘n splinternuwe Fortuner ook nou beskikbaar.

Die eerstegeslag-Fortuner is in 2006 in Suid-Afrika be-

kend gestel en het gou die gunsteling sportnutsvoertuig

(SNV) vir alle Suid-Afrikaners geword. Skielik was daar ‘n

bekostigbare SNV beskikbaar wat besonders gehard was

en wat regtig vir elke padoppervlak kans gesien het.

Die nuwe Fortuner is langer en breër as die vorige model en is nou

nog luukser sonder om sy vermoëns om vir enige grondpad kans

te sien, te verswak. Hierdie nuwe ryding het ‘n elegante binneruim

met genoeg sitplek vir sewe mense in drie rye. Al die Fortuner-

modelle het klankstelsels met vier of ses luidsprekers, ‘n hulpsok/

USB-poort, AM/FM-radio en ‘n CD-speler. Die klankstelsels van die

2.8 GD- en 4.0 V6-modelle pronk met ‘n DAB+ digitale radio en ‘n

7”-skerm met DVD-versoenbaarheid en trurat-kamerabeeld. Dit is ‘n

vlagskip-model; ‘n 4.0 V6 en het ook ingeboude satelliet-navigasie.

Ander standaard-geriefskenmerke sluit in Bluetooth-verbinding,

stuurgemonteerde kontroles vir klankstelsel- en telefoonbeheer, so-

wel as elektriese beheer vir die deurslotte, deurspieëls en vensters.

Lugversorging is ook deel van die standaardtoerusting en pronk

met afsonderlike lugvloeikontroles vir die tweede ry insittendes.

Die SNV het ‘n hoësterkteraam, stewige romp, kronkelveer en

onderstel-kalibrering. Gevolglik kry jy volmaakte duursaamheid,

hantering wat vertroue bied en skitterende ritgemak met min oor-

drag van padgeraas, enjinvibrasies en grofheid (NVH). Die nuwe

Fortuner word aangedryf deur ‘n reeks nuutontwikkelde enjins,

waaronder die 2.4 en 2.8 GD-enjinreeks, die 2.7 VVTi- en vierliter

V6-kragbronne.

Aangesien hulle beter kraglewering, doeltreffendheid en verfyning

bied, is die nuwe GD-reeks enjins die hoofaantrekkingskrag. Hierdie

nuwe enjins, wat hul buiging in die jongste Hilux-reeks gemaak het,

is van meet af ontwikkel om ‘n uitstaande pad- en veldry-ervaring te

bied. Die GD-reeks enjins plaas groot klem op wringkragontwikke-

ling en laespoedbuigsaamheid. Hulle maak gebruik van ‘n uitleg met

dubbele bonokasse (DOHC), 16 kleppe en vier silinders en slaan

munt uit veranderlike turbo-aanjaers (VNT), wat die saamgeperste

lug deur ‘n nuwe voorgemonteerde tussenkoeler aanjaag.

‘n 2.4 GD lewer 110 kW @ 3 400 r/min en ontwikkel 400 Nm se

wringkrag tussen 1 600 en 2 000 r/min. Die 2.8 GD bied eienaars

‘n stewige 130 kW en moeitelose 420 Nm van 1 600 r/min tot

2 400 r/min in handratgewaad. Weergawes met die outomatiese

ratkas se wringkrag word tot 450 Nm oor dieselfde toerestrek

verhoog.

Brandstofdoeltreffendheid van al twee dieselenjins is aansienlik

verbeter teenoor die enjins wat hulle vervang: 13% vir die 2.4 GD

en 9% - 15% vir die 2.8 GD. Die hoëverrigtingsweergawe van die

2,4 liter-GD bied skitterende brandstofdoeltreffendheid en kom

te staan teen 7 liter/100 km vir die handrat en 7,9 liter/100 km vir

die outomatiese weergawe. Hier bied die 2,8 liter-GD ‘n gedugte

balans tussen krag en ekonomie en pronk met ‘n indrukwekkende

verbruiksyfer wat wissel van 7,5 liter/100 km tot 8,5 liter/100 km,

afhangende van die model.

Die nuweling se sleepvermoë kom te staan op 2,5 ton vir die

2.4 GD- en 2.7 VVTi-modelle en drie ton vir die 2.8 GD en 4.0 V6.

Twee petrolenjins is beskikbaar, waaronder ‘n hersiene weergawe

van die bekende 2,7 liter-VVTi (wat nié voorheen plaaslik beskikbaar

was nie) en die lewendiger 4.0 V6. Die nuwe Fortuner maak gebruik

van die jongste Toyota sesgang-transmissietegnologie ten gunste

van gemak, gerief en brandstofekonomie.

Handrat- en outomatiese transmissie, wat vir al die graderings

beskikbaar is, dek ‘n wye strek ratverhoudings om versnellings-

verrigting en brandstofekonomie teen snelwegsnelhede te vervol-

maak. Die 2.8 GD maak gebruik van Toyota se nuutontwikkelde

intelligente handratwisseling (iMT) vir gladder ratwisseling op die

pad en in die veld. iMT-elektronika laat die enjin- en voertuig-

spoed by mekaar pas om gladder ratwisseling te bewerkstellig

– veral wanneer die voertuig swaar gelaai is.

Toyota het die nuwegeslag-transmissiestelsels ontwikkel om

brandstofekonomie en wisselgevoel te verbeter, wat ook betrou-

baarheid en duursaamheid in die hand werk. Brandstofekonomie is

aan die hand van beperkte wringverliese verbeter deur die beste

moontlike plasing van die olieskeier en beter materiale vir die

bewegende dele te gebruik. Die vyfde en sesde ratte is snelratte

met ‘n direktedrywing-vierderat. Wisselgevoel is verbeter deur

‘n kort ratkierie te gebruik, met spesiale aandag aan die vorm en

samestelling van die ratte en laers.

Kortom: Die nuwe Fortuner is kragtiger, sterker, gemakliker en be-

sonder aantreklik. Weer eens is die Fortuner die maatstaf vir SNV’s

in Suid-Afrika.

Pryse

2.4 GD-6 Raised Body-handrat: R436 400

2.4 GD-6 Raised Body-outomaties: R453 400

2.7 VVT-i Raised Body-outomaties: R429 400

2.8 GD-6 Raised Body-handrat: R513 400

2.8 GD-6 4x4-handrat: R571 400

2.8 GD-6 Raised Body-outomaties: R531 400

2.8 GD-6 4x4-outomaties: R589 400

4.0 V6 4x4-outomaties: R633 400

Al die voorgestelde kleinhandelpryse sluit ‘n waarborg van drie

jaar/100 000 km en ‘n diensplan vir vyf jaar/90 000 km in.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die nuwe Toyota Fortuner is

kragtiger, sterker, gemakliker

en besonder aantreklik.

67

May 2016