Background Image
Previous Page  59 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 72 Next Page
Page Background

Innoverende

planter

en

grondbewerkingstelsels

uit Duitsland

T

erratill Implemente het vir die Suid-Afrikaanse mark hul

Horsch-reeks planters uitgebrei met die Pronto DC-mini-

mumbewerkingskoringplanter wat saam met die Maestro-,

Focus- asook Joker-, Terrano- en Tiger-grondbewerkings-

implemente by Graan SA se NAMPO Oesdag 2016 te sien sal wees.

Horsch is en bly gefokus op verminderde bewerking en hoër spoed,

maar met absolute presisie.

Horsch Pronto DC-fynsaad- en

koringplanter

Die Horsch Pronto DC is ‘n eenbewerkingskoring- en -fynsaad-

planter met ‘n saad- en kunsmismassatenk wat 40/60 verdeel is vir

die 3 m-model van 2 800 liter tot en met 5 000 liter vir die 6 m-model.

Die planter verkort planttyd met sy eenbewerkingsplantaksie wat

tussen 15 km/uur en 18 km/uur kan plant en skottels voor vir saad-

bed en die saad en kunsmis wat onafhanklik hul eie kouters gebruik

om te plant.

Horsch Pronto DC maak gebruik van die rubberwiel wat ‘n gelyk en

ferm vogbewarende saadbed gee vir goeie ontkieming en plante-

stand. Dit is beskikbaar vanaf 3 m tot 9 m.

Horsch Focus-minimumbewerkingsplanter

Die

strip till

-planter is ‘n kombinasieplanter wat beitelbewerking,

saadbed en plant kombineer. Die planter kan met die mielie-eenheid

8 rye of 12 rye met 750 mm-spasiëring graangewasse soos mielies,

sojabone of sonneblom plant – die mielie-eenheid word afgehaak en

die koring-eenheid word aangehaak om fyn saad soos koring en/of

kanola met die 6 m, 30 rye met 200 mm-spasiëring te plant.

Die beiteltande werk 300 mm diep en die Focus het ook die rubber-

wielrollers om ‘n ferm saadbed te gee.

Horsch Avatar-minimumbewerkings-

koringplantereenheid

Horsch het weer eens met kostebesparing, vogbewaring en taai

grond in gedagte die Avatar-minimumbewerkingsplanter ontwikkel.

Met kouterdruk van 200 kg per kouter en tussenryspasiëring van

tussen 16,7 cm en 20 cm kan in enige toestande geplant word en ‘n

beter kans op sukses geskep word met dié plantereenheid.

Horsch Joker kompakte dis – mees

produktiewe skottelimplement

Die Joker-reeks kompakte dis-skottelimplement is die mees sukses-

volle implement vir beide primêre en sekondêre grondbewerking.

Die Horsch Joker 12 RT met ‘n werkwydte van 12,25 m, wat op

hoë spoed meer effektief is en werk, kan in ‘n 8 uur-skof maklik

100 ha kafdraf.

Dit is beskikbaar vanaf 3 m- tot 12 m-werkwydtes met opsies op

verskillende rollers vir verskillende grondtipes. Die swaardiens-

modelle is beskikbaar vanaf 5 m tot 7,5 m met swaardiensskottels

van 620 mm in deursnee, asook met ‘n dubbel pak-staalroller.

Horsch Tiger MT-skottel-, tand- en

rollerkombinasie-implement

Die Horsch Tiger kombinasie-implement is die antwoord waar meer

materiaal verwerk word met minder kere oor die land ry.

Die implement gee ‘n eenbewegingsbewerking met sy kombinasie

van skottels, tande en roller. Die MT-modelle het almal 680 mm-

swaardiensskottels vooraan wat die materiaal sny en ‘n stel beitel-

tande direk agter die skottels wat die grond tot op 350 mm losmaak,

waar die rubberwielroller agter die res doen en druk op die grond

en materiaal uitoefen om die fermentasieproses vinnig aan die gang

te kry.

Horsch Terrano FX-beitelploeë met

rollerkombinasies

Alles gebeur in die boonste 300 mm van die grond. Dit is waar ons

met die Terrano FX-beitelploeg die grond losmaak, die grond en

materiaal meng en weer vasdruk met die roller.

Dit is beskikbaar in ‘n 3 m-driepuntmodel met tien tande tot en met

‘n 5,8 m-sleepmodel met 19 tande. Alle Terrano-modelle is in kom-

binasie met veerhersettande, ‘n stel grondgelykmaakskottels en

dan agter met ‘n rolleropsiekeuse tussen ‘n staaf-,

rollflex

-, staal- of

rubberbandroller.

Alle Horsch-planters en -implemente is ontwerp en vervaardig om ‘n

stop nonsense-implement te wees. Kontak jou naaste handelaar of

Terratill Implemente op Carletonville óf besoek ons by die NAMPO

Oesdag.

57

May 2016

Werktuie en toerusting

Produk-inligting

HENRY VAN VUUREN,

Terratil

Die Pronto DC-minimumbewerkingkoringplanter.

OP PLAASVLAK