Background Image
Previous Page  68 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 72 Next Page
Page Background

66

Mei 2016

Dek in warm herfskleure

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

h

erfs het aangebreek en ek dek in die wonderlike kleure daarvan.

Ek gebruik houtskywe en plaas emaljekanne en pampoene op die tafels. Geel

sonneblomme kondig herfs luidkeels aan.

Pragtige oranje papawers rangskik ek in koperpotte met ‘n antieke bronsbeeld

van ‘n olifant uit Indië reg langsaan. Met ‘n paar groen bamboestakke breek ek die bruine,

okers en oranjes.

My kos is opgedien in koperbakke wat glim. Ek dien botterskorsiesop uit ‘n emaljesopterrien

op. Bruin gebakte brode staan stomend met geel plaasbotter en oranje appelkoos- en ander

konfyte.

Akkers en dennebolle lê argeloos op die tafel rond. In die agtergrond steek ek die vuurherd

aan, want daar is reeds ‘n grieperige windjie wat waai.

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.