Background Image
Previous Page  70 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 72 Next Page
Page Background

68

Beste Grootneef

d

it lyk of enigiets deesdae te koop is. Van ‘n Kabinetspos

tot ‘n tolhek. ‘n Stukkie Prasa-lokomotief of ‘n lekker

sappige tender is ook nie te versmaai nie.

Ons Suidland se geskiedenisboek raak nou só vol klad-

merke van floppe en ooreenkomste onder die tafel

deur, dat jy sukkel om die teks te lees. Die storielyn het so 20 jaar

terug nog ‘n klokkie gelui van ‘n beter lewe vir almal, met ‘n veilige

hawe vir ‘n ieder en elk. Nou lyk dit of almal gelyk is, maar dat

sommige mense meer gelyk is as ander, alias oom George Orwell.

Maar die storielyn word al hoe moeiliker om te lees. Dit is asof die

bak vir dié wat niks het om te verloor nie, al hoe swaarder weeg.

En die skaal afswaai na waar vrees vir ‘n brandende band groter

gewig dra as respek en die reg.

Van ‘n doktorsgraad tot ‘n visgraat is nou te koop. Ek lees in die

dagblad dat jy selfs die dienste van ‘n “profeet” kan aankoop om

te help met alles onder die son – van jou verstandtande wat uitval

tot die perd waarop jy moet wed. Wenke oor jou

liefdeslewe is by die fooi ingesluit. En dié man

moet ‘n bestaan maak, sy advertensie is immers

week na week op dieselfde plek!

Ou Neef, ons kort só dringend ‘n hand vol

hoop. Net so bietjie, om almal weer te laat moed

skep. Net een vrou wat kan opstaan en sê dat

sy nie “geGupta” is nie. Of het ons almal al so

afgestomp geraak oor wat reg en verkeerd is,

dat niemand meer by ‘n stopteken stop nie?

Die moeilikheid is dat mense wat goed afbrand

en beelde in visdamme gooi, bome se takke

afbreek en klippe deur ruite slinger, niks het om

te vrees nie. En bewaar jou as jy met jou bakkie

deur ‘n optog by die koöperasie moet uitkom.

Die spaarwiel en draadloos se

aerial

is nou nog

soek. Wat pla is dat wanneer die stof na die

optog gaan lê en die rook uit die afgebrande

gebou trek, daar geen gevolge is vir die hand

wat die petrolbom gegooi het nie. Niemand

word aangekla omdat hulle kultuurgoed verniel

nie. Het Hitler se bruinhemde nie ook skilderye

verbrand nie?

Die resultaat is dat die kwaad deursuur. Want

as een taxi soos die duiwel oor geel strepe

jaag en die “spietkop” hom nie vang nie, begin die res van die

karre om ook met dieselfde aggressie en domastrantheid bane te

wissel, maak nie saak wie die reg van weg het nie. En só gebeur

dit dat selfs gemoedelike mense wat Sondae na kerk tee skink, in ‘n

aggressiewe bondel agter ‘n stuurwiel verander.

Buurman se wens is eenvoudig maar gewigtig. Dat die klomp wat

staak, dit net so doen dat hy met sy lewe kan aangaan. Die donker

spook van intimidasie is egter los. Gemoedelike samesyn word

verweer met intense wantroue – tot op die kleinste ou dorpie.

Ou Neef, nou moet ons hakke inskop met matelose geduld, om

werklik te luister en te hoor; om daar waar dit moontlik is, ‘n

verskil te maak. Elke goeie daad bou ‘n langtermynverhouding.

Een kwaadwillige aksie vernietig egter in ‘n oogwink ‘n leeftyd se

welwillendheid.

Groete op die Oosgrens. Hou 90 en hou links!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

‘n Tolhek te koop

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Mei 2016