Background Image
Previous Page  65 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 92 Next Page
Page Background

63

May 2015

nie. Indien loging en beskikbaarheid van N dan ook nie ‘n probleem

is nie, word geen NBPT-effek op opbrengs verwag nie.

Die hoeveelheid ureum-N wat toegedien word, kan ten spyte van

vervlugtigingsverliese, voldoende wees om tekorte in die grond aan

te spreek. Onder sulke omstandighede kan nie verwag word dat die

byvoeging van NBPT enige effek op opbrengs sal hê nie.

Net so sal KAN teen dieselfde N-peil dan ook geen opbrengsvoor-

deel bo ureum inhou nie. Ureum plus NBPT wat teen ‘n sekere N-peil

toegedien word, mag ook die N-tekorte in die grond voldoende

aanspreek, in welke geval daar geen opbrengsverskil tussen ureum

plus NBPT en KAN teen dieselfde N-peil verwag word nie.

Opbrengsverhoging

Omstandighede van genoegsame N-tekorte in die grond en ver-

wagte N-vervlugtiging wat aanleiding gegee het tot opbrengsver-

skille tussen ureum, ureum plus NBPT en KAN-behandelings, word

in

Grafiek 1

aangetoon. Die persentasie en werklike opbrengsver-

skille is in

Tabel 1

opgesom.

Die gemiddelde opbrengsverhoging (%) soos in Tabel 1 aangedui,

is vervolgens op verskillende opbrengsmikpunte van toepassing

gemaak en in

Grafiek 2

uitgebeeld. Terwyl die opbrengs wat met

KAN verkry is, onder die omstandighede altyd meer is as met

ureum plus NBPT en ureum plus NBPT altyd meer is as met ureum,

word hierdie opbrengsverskille (kg/ha) al groter hoe hoër die op-

brengsverwagting (Grafiek 2).

Ekonomiese vergelyking met

opbrengsverhoging

Ureum se verkoopprys (R/kg N) is gewoonlik goedkoper as wat

met ureum plus NBPT die geval is en verder is KAN (R/kg N) ge-

woonlik die duurste van die drie. ‘n Ureumprys van R4 630/ton

(R10,06/kg N) is as basis geneem en verskillende prysscenario’s vir

ureum plus NBPT en vir KAN relatief daartoe, is in

Tabel 2

uitgebeeld.

Gewoonlik is die premie (R/kg N) wat vir die byvoeging van NBPT

tot ureum betaal word, 20% tot 30%, terwyl hierdie premie vir

KAN/ammoniumnitraat gewoonlik tussen 10% en 50% wissel.

Die winsvoordeel vir die gebruik van ureum plus NBPT en KAN

bo ureum is volgens die prysscenario’s in Tabel 2, die verwagte

opbrengsvoordeel en gemiddelde N-toediening in Grafiek 2 en ‘n

mielieprys van R2 400/ton in

Grafiek 3

uitgebeeld.

Die winsvoordeel wat met KAN volgens Grafiek 3 verwag word, is

vir alle prysscenario’s (10% tot 50% KAN-N premie bo ureum-N)

aansienlik meer as wat met ureum plus NBPT of met ureum alleen

verwag word.

VERWYSING

OPBRENGSVERHOGING

UREUM PLUS NBPT

(%)

AMMONIUMNITRAAT

(%)

UREUM PLUS NBPT

(TON/HA)

AMMONIUMNITRAAT

(TON/HA)

Bundy, 1992

6,2

10,2

0,504

0,819

Gordon, 2008

6,1

10,9

0,655

1,165

Schwab & Murdock, 2010

9,3

25,3

0,882

2,394

Gemiddeld

7,2

15,4

0,680

1,459

TABEL 1: DIE EFFEK VAN UREUM PLUS UREASE-INHIBEERDER (NBPT) EN AMMONIUMNITRAAT OP MIELIEOPBRENGSVERHOGING BO DIE

OPBRENGS MET UREUM VERKRY, DEUR VERSKILLENDE NAVORSERS ONDER GUNSTIGE TOESTANDE VIR VERVLUGTIGING GERAPPORTEER.

TABEL 2: PRYSSCENARIO’S VIR VERSKILLENDE N-BRONNE WAT IN GRAFIEK 3 GEBRUIK IS OM DIE VERHOOGDE WINS BO UREUM TE

BEREKEN.

N-BRON

PREMIE BO UREUM (%)

PRYS (R/KG N)

PRYS (R/TON)

Ureum

0

10,06

4 630

Ureum + NBPT

20

12,07

5 553

Ureum + NBPT

30

13,08

6 016

KAN

10

11,07

3 098

KAN

20

12,07

3 380

KAN

30

13,08

3 662

KAN

40

14,08

3 944

KAN

50

15,09

4 225

Grafiek 1: Die effek van ureum, ureum plus urease-inhi-

beerder (NBPT) en ammoniumnitraat op mielieopbrengs,

deur verskillende navorsers onder gunstige toestande

vir vervlugtiging gerapporteer.

Wanneer die gevaar

van ureumvervlugtiging

groot is, kan verwag

word dat KAN die

hoogste opbrengs en

wins sal lewer...