Background Image
Previous Page  64 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

62

Ammoniumnitraat het ‘n opbrengs-,

sowel as winsvoordeel bo ureum plus

urease-inhibeerder of ureum alleen

S

uid-Afrikaanse produsente is in die bevoorregte posisie om

toegang tot ammoniumnitraat gebaseerde produkte, soos

KAN (kalksteenammoniumnitraat = 28% N) of ANO (ammonium-

nitraatoplossing = 21% N) sowel as ureum (46%) te hê, terwyl

daar in baie ander wêrelddele slegs toegang tot ureum as die hoof-

stikstofbron is.

Verskeie navorsingsresultate oor die wêreld heen het aangetoon

dat ammoniumnitraat gebaseerde produkte agronomies meer

effektief is en daarom aanleiding gee tot hoër opbrengs en gewoon-

lik ook groter wins.

Die belangrikste redes waarom ammoniumnitraat agronomies meer

effektief as ureum is:

Minder vervlugtiging

Minder toksies

Minder loging

Vinniger plantopneembaar

Nader aan die ideale nitraat/ammonium-verhouding vir die

meeste gewasse

Urease-inhibeerders wat by ureum gevoeg word, behoort die

vervlugtiging en toksisiteit van ureum te verminder, maar sal die

loging vererger, die plantopname vertraag en sal stelselmatig eerder

slegs ammonium beskikbaar stel as ‘n ideale nitraat/ammonium-

verhouding.

Die doel met hierdie artikel is om die voor- en nadele van ureum

plus urease-inhibeerders in perspektief te stel met die voordele van

ammoniumnitraat gebaseerde stikstofbronne en waar die byvoe-

ging van urease-inhibeerders tot ureum wel voordelig is, ‘n ekono-

miese vergelyking met die voordele van KAN te tref.

Vervlugtiging

Die primêre doel met die ontwikkeling van urease-inhibeerders,

soos NBPT (“N-[n-butyl] thiophosphoric triamide”, ook in die handel

bekend as Agrotain), wat die hidrolise van ureum inhibeer, was om

die vervlugtiging van ureum te verminder.

Hoewel NBPT ammoniakvervlugtiging van oppervlaktoegediende

ureum betekenisvol verminder, is die vervlugtiging van KAN steeds

minder as met ureum plus NBPT. Ureumvervlugtiging van so hoog

soos 55% (

Du Preez & Burger, 1986

) tot 66% (

Fenn & Miyamoto, 1981

)

is al gerapporteer, hoewel ‘n meer realistiese syfer onder veldtoe-

stande waarskynlik nader aan 45% (

Fantanetto, 1995

) is.

NBPT kan die vervlugtiging van ureum met gemiddeld 70% vermin-

der (

Chambers & Dampney, 2009

), maar dan sal die vervlugtiging

van KAN steeds minder as dit wees. Volgens

Fantanetto (1995)

is

die vervlugtiging van KAN onder gunstige toestande naby 2% en

volgens

Chambers & Dampney (2009)

is die vervlugtiging van

ammoniumnitraat naby 3%.

Gunstige toestande vir ammoniakvervlugtiging van oppervlaktoe-

gediende ureum waaronder verwag word dat die byvoeging van

NBPT ‘n opbrengsvoordeel sal inhou, indien vervlugtiging die groot-

ste enkele probleem met ureumtoediening is:

Hoë temperature

Baie plantreste, soos met geenbewerking of verminderde

bewerking

Hoë ureumpeile

Hoë grond pH

Vogtige grondoppervlakte

Toksisiteit

Toksisiteit van ureum is veral ter sprake waar ureum in plantmeng-

sels naby ontwikkelende saailinge gebandplaas word of as kantbe-

mesting na aan plantrye in die grond gebandplaas word of ingewas

word. Die gebruik van NBPT vir die hoofdoel om toksisiteit te ver-

laag, maak nie sin nie omdat dit eenvoudig die beskikbaarheid vir

opname sal vertraag en ureumloging sal bevorder.

Loging

Aangesien ureum 100% loogbaar is, terwyl dit deur NBPT in die

ureumvorm vasgehou word, kan logingsverliese op dié manier ook

aanleiding gee tot opbrengsverliese. NBPT-byvoegings tot ureum

onder omstandighede waar loging ‘n groter probleem as vervlug-

tiging is, behoort dus vermy te word.

Tempo van opname

NBPT vertraag die omsetting van ureum, wat nie plantopneembaar

is nie, na plantopneembare ammonium en nitraat. Indien NBPT

plus ureum dus na-plant op ‘n stadium van ernstige N-tekorte in

die grond toegedien word, kan dit weens vertraagde N-beskikbaar-

heid aanleiding gee tot opbrengsverliese teenoor ureum alleen of

teenoor KAN.

Die ideale nitraat/ammonium-verhouding

Ureum plus urease-inhibeerders sal ammonium stadig vrystel wat

dan hoofsaaklik in die vorm opgeneem sal word indien gewasse

teen dié tyd voldoende ontwikkel is. Die omsetting van ammonium

na nitraat (nitrifikasie) sal onder koue, nat toestande vertraag word.

Die meeste gewasse verkies egter ‘n verhouding van 75% nitraat-N:

25% ammonium-N en nie slegs ammonium-N nie.

Opbrengsverlaging

Hendrickson (1992)

het opbrengsverliese weens NBPT-byvoegings

tot ureum in 34% van 78 veldproewe oor ‘n vyfjaar-periode in

17 state van die VSA aangetoon. Hierdie opbrengsverliese het van

0,2 ton/ha tot 2,07 ton/ha gewissel.

Die waarskynlike redes hiervoor is meer loging, vertraagde beskik-

baarheid tydens piek-aanvraag en die voorsiening van ammonium-N

as die hoofbron met min voorsiening van nitraat-N.

Geen opbrengseffek

NBPT hou geen voordeel in wanneer ureum deur reënwater of

besproeiing in die grond ingewas word of meganies ingewerk word

nie, want dan is daar vir alle praktiese doeleindes geen vervlugtiging

PROMOSIE-ARTIKEL

ERIK ADRIAANSE,

bestuurder: Agronomiese Dienste, Sasol Base Chemicals