

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
32
Wenners vir elke streek
S
ensako is ‘n bekende handelsmerk in die saadbedryf en
is trots daarop om ‘n eg Suid-Afrikaanse maatskappy te
wees. Die vrystelling van nuwe kultivars vereis inten-
siewe opbrengstoetse, asook uitstekende graankwaliteit
– waarvoor die Sensako koringreeks bekend is. Kultivarkeuse
bly ‘n belangrike produksiebesluit en die keuse moet by elke
produksiestelsel se vereistes inpas. Die maatskappy se kultivar-
gidse vir die winter- en somerreënvalgebiede bevat inligting van
die kultivarreekse wat beskikbaar is.
Winterreënvalgebied
SST 087 het ‘n lang groeiperiode, hoë-opbrengspotensiaal en
goeie aanpassing vir alle gebiede asook minimumbewerkings-
praktyke. Dit besit weerstand teen streep- en blaarroes, is vatbaar
vir stamroes en het goeie uitloopweerstand.
SST 056 het ‘n mediumkort groeiperiode, uitstekende uitloopweer-
stand, hoë-opbrengspotensiaal en is geskik vir droër gebiede. Die
kultivar is matig vatbaar vir stamroes met matige weerstand teen
blaar- en streeproes.
SST 0127: Die nuwe kultivar het ‘n mediumlang groeiperiode, uit-
stekende opbrengspotensiaal, goeie strooisterkte, pitvaste are,
goeie siekteweerstand kwaliteitseienskappe en uitstekende uit-
loopweerstand.
Nuwe kultivars (2018): SST 096, SST 0137 en SST 0166.
SST 0117 en SST 0147 het uitstekende opbrengs, aanpassing en
uitloopweerstand, is pitvas met mediumlang groeiperiodes, het
weerstand teen streeproes, matig vatbaar vir stamroes en vatbaar
vir blaarroes. SST 0147 presteer onder aanvullende besproeiing in
die Kaap.
Die staatmakerkultivars SST 88 en SST 015 is steeds beskikbaar.
Somerreënvalgebied
SST 3149: ‘n Nuwe, egte winterkultivar met hoë-opbrengspoten-
siaal en ‘n lang groeiperiode vir vroeë aanplantings in die Vrystaat
met geelroesweerstand, goeie staanvermoë en graderingskwaliteit.
SST 398: ‘n Nuwe hoë potensiaal, intermediêre kultivar vir vroeë
en laat aanplantings. Besit goeie Russiese koringluisweerstand en
droogteverdraagsaamheid, met goeie graderingskwaliteit.
SST 387 het uitstekende stoelvermoë, droogteverdraagsaamheid,
goeie weerstand teen geelroes en Russiese koringluis met matige
blaar- en stamroesweerstand. Geskik vir die Wes-Vrystaat.
SST 347 het ‘n hoë-opbrengspotensiaal, ‘n lang groeiperiode, goeie
pitvastheid, omvalweerstand en Russiese koringluisweerstand.
SST 317 is ‘n intermediêre kultivar vir vroeë en laat aanplantings.
Goeie stoelvermoë en omvalweerstand, beskik oor geelroes- en Rus-
siese koringluisweerstand, matige weerstand teen blaar- en stam-
roes en goeie uitloopweerstand.
SST 316 is ‘n intermediêre kultivar met uitstekende geelroes- en
Russiese koringluisweerstand. Kort, sterk strooi en sterk baard
beperk voëlskade.
SST 356 het ‘n medium groeiperiode met wye aanpassing, hoë-
opbrengspotensiaal, goeie graankwaliteit, omval-, geelroes-, blaar-
roes- en Russiese koringluisweerstand.
SST 374 het ‘n kort groeiseisoen vir later planttye. Besit goeie
graankwaliteit en pitvastheid asook goeie omval-, blaarroes- en
Russiese koringluisweerstand.
Besproeiing
SST 8135 – nuut. ‘n Hoëpotensiaalkultivar met ‘n mediumkort
groeiperiode, goeie weerstand teen geelroes en poeieragtige meel-
dou, goeie stabiliteit, staanvermoë en uitstekende graderings-
kwaliteit.
SST 896 – nuut. Hoë potensiaal met ‘n medium groeiperiode en goeie
weerstand teen geel-, stam- en blaarroes en poeieragtige meeldou.
Dit besit goeie droogteverdraagsaamheid, goeie staanvermoë en
graderingskwaliteit.
SST 895 het ‘n medium groeiperiode, goeie staanvermoë asook
volwasse plantweerstand teen stam-, blaar-, geelroes en poeierag-
tige meeldou, droogteverdraagsaamheid en graderingskwaliteit.
SST 875 het ‘n mediumkort groeiperiode met goeie staanvermoë,
droogteverdraagsaamheid, volwasse plantweerstand teen blaar- en
geelroes en goeie graaneienskappe.
SST 835 beskik oor uitstekende opbrengspotensiaal, goeie maal-
en bakeienskappe, goeie staanvermoë, weerstand teen geelroes,
poeieragtige meeldou en weerstand teen Karnal Brand.
SST 806 is ‘n bekende kultivar met goeie opbrengspotensiaal, wye
aanpassing, omvalweerstand, goeie geelroes- en meeldouweer-
stand en graankwaliteit.
SST 866, SST 867 en SST 877 is langer groeiperiodekultivars vir
vroeë aanplantings met uitstekende opbrengspotensiaal, goeie
staanvermoë, weerstand teen streeproes en goeie graderings-
kwaliteit.
SST 884 is ‘n semi-dwergkultivar met wye aanpassing. Volwasse
plantweerstand teen stam-, blaar-, geelroes asook poeieragtige
meeldou, goeie droogteverdraagsaamheid, sterk wortelstelsel met
goeie staanvermoë en graderingskwaliteit.
SST 843 is ‘n dubbel-dwergkultivar met ‘n kort groeiperiode met
weerstand teen Karnal Brand, verdraagsaamheid vir aarskroei en
uitstekende graankwaliteit.
Die durumkultivars SSD 8154 en SSD 8133, wat skoonskip maak
in die gespesialiseerde nismark wat opbrengs, staanvermoë en
pastakwaliteit betref, is vanaf 2017 kommersieel beskikbaar.
Onthou: Nuwe kultivars het hoër opbrengspotensiaal en optimale
gewasbestuur met spesifieke bestuurs- en bemestingspraktyke moet
gevolg word om die verhoogde genetiese potensiaal te verwesenlik.
Om saam te vat: Die maatskappy se koringkultivars is herhaaldelik-
bewese staatmakers onder ‘n wye reeks produksietoestande
– Sensako bly die beste keuse!
Sensako kultivars word versprei deur
Senseed, deel van die VKB-groep
.
Produk-inligting
WILLEM OTTO,
bemarkingskoördineerder: Sensako