v
ir onkruiddoders om onkruiddodende werking te hê,
moet ‘n bepaalde drempelwaarde-hoeveelheid daarvan
die setel van werking binne-in plante bereik.
Die hoeveelheid onkruiddoder wat die eindbestemming
(= setel van werking) bereik, sal afhang van die
hoeveelheid wat deur die plant opgeneem is asook van dít wat
binne-in die plant met die onkruiddoder gebeur op pad na die setel
van werking.
Omdat die meeste onkruiddoders slegs effektief is wanneer dit direk
aan grond toegedien word, gaan die fokus hier val op die invloed van
grondeienskappe op die werking van onkruiddoders. Byvoorbeeld,
van die ongeveer 30 soorte onkruiddoders (aktiewe bestanddele) wat
op mielies geregistreer is, word 13 daarvan na-opkoms toegedien,
twaalf voor-opkoms en vyf beide voor- en na-opkoms.
Voor-opkomstoegediende onkruiddoders word direk aan grond
toegedien en moet verskeie grond- en omgewingsfaktore
trotseer alvorens dit deur plantwortels opgeneem word – die
roete na setels van werking is dus langer as in die geval van na-
opkomstoegediende middels. Derhalwe is die kombinasie van
faktore wat vooropkomsmiddels se onkruiddodende werking of
effektiwiteit bepaal veel meer kompleks: Onkruiddodereienskappe
+ grondeienskappe + reënval + temperatuur + planteienskappe.
Grondeienskappe wat
onkruiddoderwerking beïnvloed
Grondfaktore kan onderverdeel word in drie kategorieë: Biologies,
chemies en fisies. Ons behandel hier die belangrikste faktore wat
daaronder sorteer.
Biologiese faktore
Plantwortels – onkruiddoders verskil in hul vermoë om deur
plantwortels opgeneem te word en hierdie vermoë varieer van
plantsoort tot plantsoort.
Grondmikrobes – verskeie soorte mikroörganismes benut
onkruiddoders as voedselbron omdat feitlik alle onkruiddoders
organies van aard is. Sekere grondmikrobes het ‘n voorliefde vir
bepaalde onkruiddoders en sulke “spesialis” mikrobes kan erg
nadelig wees vir onkruiddoderwerking – die verskynsel waar
sekere grondmikrobe-populasies ‘n skielike opbloei beleef in
reaksie op ‘n grondtoegediende onkruiddoder, word na verwys
as “versnelde” (
enhanced
) onkruiddoder-afbraak. ‘n Mens moet
katvoet loop om hierdie verskynsel nie met weerstand van
onkruid teen onkruiddoders te verwar nie, aangesien die gevolge
ooreenstem en wel: Swak onkruidbeheer wat oor tyd vererger
by gebruik van dieselfde onkruiddoder oor en oor.
Benutting van gewasreste, wat die fisiese verwydering daarvan
vanaf die land behels, verwyder terselfdertyd ook onkruid-
doder-residu wat binne-in die plantmateriaal in aktiewe of
onaktiewe vorm teenwoordig kan wees. Streng wetgewing
is in plek om te sorg dat vlakke van plaagdoder-residu in
primêre voedselprodukte nie voorgeskrewe drempelwaardes
oorskry nie.
Chemiese faktore
Grond is ‘n hoogs komplekse kompartement van die omgewing
wat enorme uitdagings bied vir behoud van die integriteit
(aktiwiteit) van plaagdoders in die algemeen. Anders as
voedingselemente, wat anorganies van aard is, is onkruiddoders
organiese verbindings wat by die geringste verandering in
molekuulstruktuur, onskadelik gestel kan word.
Grondvog is ‘n belangrike katalisator vir die chemiese
inaktivering van onkruiddoders. Die H
+
en OH
-
van H
2
O (water) is
onderskeidelik verantwoordelik vir óf reduksie óf oksidasie van
die onkruiddodermolekules waarmee dit reageer; in geval van
beide hierdie reaksies gaan onkruiddoderaktiwiteit en -werking
verlore.
Grond pH is op verskeie maniere belangrik vir onkruiddoder-
werking:
pH beïnvloed die aktiwiteit van grondmikrobes; sommige
soorte word deur lae pH bevorder/benadeel en ander deur
hoë pH, wyl ander soorte neutrale toestande (pH ± 7)
verkies.
pH bepaal die lading (positief + of negatief -) van onkruid-
dodermolekules; lading is bepalend vir die sterkte waarmee
molekule op gronddeeltjies vasgehou word.
Gronddeeltjies (klei en humus) se lading of katioonuit-
ruilvermoë (KUV) is ook afhanklik van grond pH.
Die sterkte waarmee onkruiddoders op gronddeeltjies
vasgelê (adsorbeer) word, is in die geval van sekere onkruid-
doders sterk pH-afhanklik, maar in ander gevalle nie.
Grond pH en dan spesifiek die verhoging daarvan deur bekalking, hou
gevare in vir gewassoorte wat gevoelig is vir triasien-onkruiddoders
(byvoorbeeld
atrazine
en
terbuthylazine
) indien daar aktiewe
triasien-residu vanaf die vorige seisoen oorgedra is. ‘n Voorbeeld
is waar sonneblom/bone (gevoelig vir triasiene) die opvolggewas
is, met mielies (verdraagsaam) die vorige gewas waarin ‘n triasien
gebruik is.
– Deel 18
89
March 2014
CHARLIE REINHARDT,
buitengewone professor, Universiteit van Pretoria en dekaan: Villa Academy
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
Onkruiddodergedrag en
-lotsbestemming in grond
ONKRUIDDODER
Ken jou
Reeks