SA Grain March 2014 - page 89

Dit is al getoets dat die korrelasie tussen
internasionale en plaaslike kunsmispryse
baie goed is.
Kunsmispryse het internasionaal op ‘n
jaartydperk in dollarterme skerp gedaal.
In
Tabel 1
kan gesien word dat die
internasionale pryse van ammoniak, ureum,
DAP en kaliumchloried met onderskeidelik
35%, 13%, 11% en 25% gedaal het. Om
die impak van die wisselkoers op hierdie
pryse te sien, is dié pryse in randwaarde
omgewerk.
Internasionale pryse van ammoniak en
kaliumchloried het steeds met onderskeide-
lik 20% en 7% gedaal, terwyl die pryse
van ureum en DAP nou met onderskeidelik
7% en 10% gestyg het (
Tabel 2
). Dit is
dus duidelik dat die 23% verswakking van
die rand ‘n groot impak gehad het op hoe
internasionale kunsmispryse in die plaaslike
mark deursyfer.
In
Tabel 3
kan gesien word hoe plaas-
like pryse op internasionale prystendense
en die wisselkoers gereageer het. Dié
tabel wys dat die plaaslike KAN-prys
eerder met die ureumprys kompeteer
as wat dit die afnemende tendens van
internasionale ammoniakpryse nagevolg
het. Dit is ook duidelik dat die plaaslike
mark tans bevoordeel word wat die tendens
van MAP aanbetref.
Brandstof
Plaaslike brandstofpryse word gereguleer
en die basiese brandstofprys word op
‘n invoerpariteitsprys bereken. Internasio-
nale brandstofprodukpryse word beïnvloed
deur die ruolieprys. Vanaf Januarie 2013
tot Januarie 2014 het die ruolieprys in dol-
larterme met 4,4% gedaal. Oor dieselfde
tydperk het die ruolieprys in randterme met
17,8% gestyg (
Grafiek 2
).
Vanaf Februarie 2013 tot Februarie 2014 het
die groothandelprys van diesel met 16,2%
gestyg, vanaf R11,29 per liter na R13,11 per
liter tans. Om die impak van die wisselkoers
uit te druk: Van dié R1,82 per liter styging,
was die bydrae van die wisselkoers R1,68
per liter.
Om op te som: Die verswakking in die
waarde van die rand het presies die teen-
oorgestelde effek op insetpryse gehad as
wat dit op plaaslike graanpryse gehad het.
Die rand het die afgelope jaar insetpryse
plaaslik skerp laat toeneem, terwyl dit
eintlik op internasionale markte sywaarts en
afwaarts beweeg het.
1...,79,80,81,82,83,84,85,86,87,88 90,91,92,93,94,95,96,97,98,99,...124
Powered by FlippingBook