Background Image
Previous Page  27 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 84 Next Page
Page Background

Rovic Leers vier

fees tydens NAMPO

R

ovic Leers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar en het behoorlik

uitgestaan op NAMPO Park met die sowat 60 implemente wat

uitgestal is. Twaalf van die 60 was nuwe toptegnologies-gevorderde

produkte, met ‘n groot fokus wat geplaas is op die graanprodusent.

Soos elke jaar, is NAMPO ‘n spoggeleentheid en word die nuutste

tegnologie vertoon. Die Rovic Leers uitstalling het verskeie top-

vervaardigers van regoor die wêreld ingesluit, soos: Kuhn, Flory,

Cima, Krone, Seko, Quicke en natuurlik verskeie werktuie wat deur

Rovic Leers self in Suid-Afrika vervaardig word.

1: Fanus le Roux (verteenwoordiger: Rovic Leers) en Gideon van Zyl

(produsent van Vryburg) by die Leopard 500/150, 15 m² selfaangedrewe

kerwer/menger met hidrouliese hek agter vir die inlaai van alle voer.

2: Awie du Plessis en Gert Olivier (produsente van Bela-Bela) by

die MP12R762-mielieplanter van Rovic Leers. Hierdie Syncroplant

®

-rygewasplanter is toegerus met Precision

®

-tegnologie, geskik vir

konvensionele en geenbewerkingstoestande.

3: Hartman Meintjes (verteenwoordiger: Rovic Leers),

Leandre Els (verteenwoordiger: Rovic Afrika) en Hannes van der Merwe

(Clanwilliam) by die bekende DLB12-reeks van Rovic Leers met sy

betroubare onderhoudsvrye wegbreekmeganisme wat nou beskikbaar

is op rame, wat toegerus kan word met snykouters om materiaalvloei

te verbeter. Daar kan ook nou gekies word tussen gravitasie- of

dubbeldieptebeheerrollers.

4: Kiewiet Ferreira (president van die Bonsmara-telersgenootskap)

saam met sy twee seuns, Theo (Graan SA Hoofbestuurslid) en Johan,

by die 1 500 liter-wingerdspuit van Rovic Leers. Die nuwe Rovic

Syncroflow

®

-tegnologie (Patent-aansoek 2017/02417) vir boorde,

fokus op die korrekte lugsnelheidsprofiele vir die teiken om

maksimale herwinning van aktiewe bestanddele teen minimum

kragvereiste te realiseer.

5: Magda Killian (onderdeleverteenwoordiger: Rovic Leers,

Johannesburg) en Hennie Lourens (produsent van Bothaville) by

die Quicke Q-reeks laaigraaf. Hierdie is die nuutste in hoë-intensiteit

laaigraaftegnologie van Quicke – verander jou trekker in ‘n implement

met vele gebruike.

6: Evert Basson (Potchefstroom), Pieter van Biljon (verteenwoordiger:

Rovic Leers, Potchefstroom) en Werner Basson (produsent van

Potchefstroom) by die Merge Maxx 902 van Rovic Leers. Werner gebruik

verskeie Rovic Leers produkte en het dié spesiale 9 m-wye versamelaar

van gesnyde materiaal, wat sagkens werk om minimum blaarverlies te

bewerkstellig en goeddeurlugte windrye te vorm, kom besigtig.

7: JP Venter (verteenwoordiger: Rovic Leers, Limpopo) en

Sipho Mthombeni (produsent van Ermelo). Sipho plant mielies en

bestudeer hier die PG Prime pneumatiese presisieplanter wat deur

Kuhn vervaardig word en deur Rovic Leers in Suid-Afrika versprei word.

8: Hendrik Kemp, Pieter van Wyk en Martinus Erasmus (produsente

van Levubu, Limpopo) by die Flory 1395-pekanneutwerktuig.

Pekanneutverbouing is tans een van Suid-Afrika se landboubedrywe

wat die vinnigste groei, maar dit is nie ‘n eenvoudige proses nie. Spuit,

snoei en oes is intensief en het ‘n groot invloed op winsgewendheid. Dit

is daarom van kardinale belang dat pekanneutprodusente meganiseer.

25

June 2017

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

2

5

4

7

3

6

8