Background Image
Previous Page  26 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

24

Die Stihl MS 382-kettingsaag is volgens besigheidsontwikke-

lingsbestuurder Werner Nuss (links), die maatskappy se grootste

verkoper wêreldwyd. Die 3,8 kW-kettingsaag is brandstofaangedrewe

en lig om te hanteer (6,2 kg). Oesdagbesoekers Aaron Dasheka en

Gabriel Lekhoaba wou meer uitvind oor dié robuuste produk. Saam

met hulle is Stihl verkoopsagent Nicholas Moragoane.

Alltech Farming Solutions en Keenan Systems het onlangs kragte

saamgesnoer om produsente by te staan om die regte voedingsfor-

mules vir herkouers aan te wend. Hul uiters gewilde voermengers was

te sien by NAMPO en beskik oor ‘n

in

touch

-stelsel wat voerformules

kan aanpas. Die toerusting verleen ook ondersteuning met die bestuur

van voeding deur rekord te hou van mengsels en te waarsku indien

formules nie korrek aangewend word nie.

Met sy 16-spoed Caterpillar-ratkas en QXS 15 Cummins-enjin het dié

Kanadees-vervaardigde Versatile 620-trekker baie koppe laat draai.

Johan Erasmus, ‘n produsent van Perdekop, analiseer hier saam met

JWL-verkoopsagent, Ebert van Vuuren, die vele opsionele ekstras wat

die trekker JWL-kliënte bied.

By die McBean’s-uitstalling was: Nick Kelbrick (verkoopsbestuurder),

regs, Giselle Prinsloo, Alze-Mari Wehmeyer, Celine Joubert en

Maggi Swart. Hierdie reeks Normac-waterpompe het deel gevorm

van ‘n wye verskeidenheid produkte wat McBean’s ten toon gestel

het. Die Normac-pompe kan aangewend word as brandbestrydings-,

besproeiings- en wateroordragtoerusting.

Albert Keuris van Bloemfontein (agter die stuurwiel) wou meer

oor die Toyota Hilux 2.8 Xtra Cab 4x2 weet en verkoopsagent

Koos Rousseau was daar om die bakkie se uitstekende brandstof-

verbruik (11,5 km/liter tot 12 km/liter) en die nuwe halwe oopswaai-

deure uit te wys. Die 2017-model is juis gewild omdat die nuwe

ontwerp toegang tot die halwe kajuit vergemaklik.

Lourens du Plessis van Thabazimbi, tweede van regs, het by

Willem Engelbrecht (bestuurder: agronomiese gewasse, K2 Saad),

heel regs, kom kers opsteek oor K2 Saad se kuilvoermielies. KKS 8408

is volgens K2 Saad die beste kuilvoermielie op die mark as gevolg van

die goeie verteerbaarheid en opbrengs. Saam met hulle op die foto is

Jaco Lourens (Holfontein) en Gerhard Engelbrecht (landboukundige:

K2 Saad).

Nuwe NAMPO-rekord