Background Image
Previous Page  25 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 84 Next Page
Page Background

Bernard Haggard (‘n Oesdagbesoeker van Koppies) het meer uitge-

vind oor die ML-60-graanskoonmaker – een van GSI se nuwe produkte

wat tot 60 ton graan per uur kan sif en daarom ideaal is vir plaasge-

bruik. Saam met hom is die GSI-span: Andre Schild, Brad Butler

(Real Xposure), Natasha Coleman, Rob Clouston en William Lucas.

Marius Schutte en JJ Barnard het besluit om ‘n beter uitsig oor

NAMPO Park te kry.

Kynoch se Megan Lourens (bestuurder: Navorsing) en Coetzee de Jager

(verteenwoordiger) verduidelik aan Derik de Jager van Bultfontein

(regs) hoe die gebruik van mikro-alge die produktiwiteit en kwaliteit

van die gewas kan verbeter en dit ook in staat stel om plantstres beter

te bestuur.

Rovic Leers het hul 90ste bestaansjaar by NAMPO gevier en

hierdie Super 32 17-tand skeurploeg, wat 800 mm diep kan werk,

was een van die 60 implemente wat dié maatskappy uitgestal het.

Gerrit Herbst en Wian Smith van Gerdau het meer hieroor by bemar-

kers Wimpie du Preez (Bothaville) en Hartman Meintjes (Pietermaritz-

burg) uitgevind.

Manie Bothma (Carolina) bespreek een van die finansiële pakkette wat

tydens die Oesdag bemark is, met Dawie Oberholzer (alliansiebestuur-

der: John Deere Finance). Dié finansieringspakkette maak dit vir pro-

dusente moontlik om volhoubaar te boer deur die nuutste tegnologie

aan te skaf.

Marie Volschenk (produsent van Harrismith) het Pierre Marais

(tegniese verteenwoordiger) se raad oor basiese kruipvoer vir hanslam-

mers gevra. Tydens die Oesdag het Molatek hul nuwe produk, Restelek,

bemark – ‘n produksielek wat suurpens en opblaas voorkom wanneer

skaap en bees op gestroopte lande wei.

Werner Helm (tegniese spesialis: Topcon, tweede van regs) verduide-

lik vir drie produsente van Koppies, David de Jager, Beyers de Bruin

en Neil van der Westhuizen, hoe eenvoudig die oorskakeling na

die AES-25-stelsel is. Dié stuurstelsel is ontwerp vir gebruik in

oopkajuit-voertuie.

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

23

June 2017

Nuwe NAMPO-rekord