Background Image
Previous Page  37 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 64 Next Page
Page Background

®

Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200

of

customercare.sa@monsanto.com

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsname

vanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk, Posbus69933,Bryanston,2021.

PLANT JOU SUKSES

Groei jou wins natuurlik met

DEKALB

®mielies!

DEKALB

® spog noumet nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir die

besproeiingsgebiede.

DEKALB

® is sinoniemmet innoverende idees, uitstekende

kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou.

Uiters geskik

vir besproeiings-

gebiede

DKC62-80BR GEN

DKC64-78BR GEN

DKC62-84R

DKC61-90

DKC64-54BR

DKC65-52BR

DKC61-94BR

DKC63-53

Kultivars

e

ppu marketing

363 A1 1

Elke een van hierdie rolspelers in die waardeketting voer ‘n bestaan

en voeg daarom kostes tot die uiteindelike prys toe. Dit is daarom

belangrik dat elke rolspeler vir die verbruiker wel waarde toevoeg.

Koringprodusente moet seker maak dat hul landbouchemiese

verteenwoordiger waarde toevoeg deur aandag aan die volgende

te gee:

Maak seker dat die verspreidingsmaatskappy lid van CropLife

is en dat die agent gekwalifiseerd is (Lidmaatskapkaarte met

akkreditasie kan aangevra word).

Sorg dat alle aanbevelings, sover moontlik, op skrif gestel word

en hou bewyse hiervan.

Maak seker die middel is geregistreer onder Wet 36 van 1947 en

vir die spesifieke doel.

Moet nie gebruik maak van ‘n verteenwoordiger wat net

chemikalieë verkoop nie – maak seker hy is ‘n kundige in sy

gebied en kan waarde vir jou op die plaas toevoeg.

Dit is ook belangrik om seker te maak dat die regte prys vir

landbouchemikalieë betaal word.

Neem daarom van die volgende tendense kennis:

Internasionale landbouchemiese pryse

Tabel 1

toon internasionale onkruiddoderpryse (in ‘n Chinese hawe)

per aktiewe bestanddeel oor ‘n jaartydperk aan. Die eerste gedeelte

van die tabel is die pryse in dollarterme terwyl die tweede gedeelte

dieselfde pryse in randwaarde aandui.

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat internasionale pryse afgeneem het.

Dit is veral glifosaatpryse wat skerp gedaal het. As ‘n mens egter

na die tweede gedeelte van die tabel kyk, kan gesien word watter

groot impak ‘n verswakking in die waarde van die rand kan hê. Dit

veroorsaak dat internasionale prysdalings nie in die plaaslike mark

deurgegee kan word nie. Inteendeel, behalwe vir glifosaat wat

nog in randterme ‘n daling toon, kan ander onkruiddoders in die

plaaslike mark skerp toeneem.

Tabel 2

toon internasionale insekdoderpryse per aktiewe bestand-

deel oor ‘n jaartydperk. Die eerste gedeelte van die tabel is die

pryse in dollarterme, terwyl die tweede gedeelte dieselfde pryse

aandui in randwaarde.

Uit die tabel is dit duidelik dat pryse in dollarterme skerp gedaal het.

Die impak van die verswakking in die waarde van die rand is weer

eens duidelik sigbaar in die tweede gedeelte van die tabel. Al die

aktiewe bestanddele toon in rand-terme ‘n styging van bykans 10%.

Met hierdie tipe inligting probeer ons om die chemiese mark vir

Graan SA-lede meer deursigtig te maak. Dit sal interessant wees

om van ons lede te hoor wat hulle tans vir landbouchemiese

middels betaal vergeleke met verlede jaar dieselfde tyd, gegewe

die bostaande tendens.

Stuur gerus ‘n e-pos na

corne@grainsa.co.za .

INVOERDER/

VERVAARDIGER

VERSPREIDER

CHEMIESE

VERTEENWOORDIGER

KORINGPRODUSENT

Figuur 1: Die struktuur in die plaaslike landbouchemikalieëketting lyk só.