

Junie 2015
74
Uitdagings en oplossings tydens
inligtingsdag gedemonstreer
M
et die midsomerdroogte wat mielie-oeste in die weste-
like witmielieverbouingsgebiede van Suid-Afrika die
afgelope seisoen vernietig het, kan produsente nie
bekostig om van substandaard saad of praktyke gebruik
te maak nie. Optimale opbrengs verg, veral in ‘n droë jaar, optimale
tegnologie.
Om sy nuwe saadtegnologie en bevindings bekend te stel, het Mon-
santo op 17 Maart vanjaar op Monsanto se proefplaas op Rietgat,
Lichtenburg, ‘n inligtingsdag gehou. Hier het kenners besoekers
ingelig oor onder meer nuwe kultivars, die korrekte gebruik van on-
kruiddoders en die impak van weerstoestande op die mielieplant.
Deelnemers aan ‘n onlangse vraelys wat deur Monsanto opgestel
is, het aangedui dat opbrengs die belangrikste aspek is wanneer
hulle ‘n bepaalde kultivar oorweeg. Ander eienskappe wat ook
belangrik is, is stabiliteit van opbrengs, kwaliteit, prestasie van
die graan, strestoleransie, betroubaarheid, staanvermoë, onkruid-
doderweerstandbiedendheid en die prys van die saad. Navorsing
het aangedui dat prys weliswaar ‘n faktor is wanneer dit kom by
kultivarkeuse, maar dit is nie die belangrikste faktor nie.
Drie van Monsanto se staatmaker-kultivars se sterk en swakpunte
is ook tydens die dag bespreek. DKC77-77BR is ‘n witmieliekultivar
met ‘n oop punt, wat sommige produsente kan afskrik. Hierdie
oop punt bevorder egter vinnige afdroging, soveel so dat dié mielies
tot drie weke vroeër as die ander droog is.
Die feit dat hy oop is, het blykbaar geen negatiewe effek op die
graankwaliteit nie en die kultivars is verdraagsaam teen droogte en
hitte. Daarom word hy hoofsaaklik deur Monsanto in die westelike
deel van Suid-Afrika bemark.
Daar is ook sterk klem geplaas op die belangrikheid van toevlugs-
areas en verteenwoordigers van Monsanto het genoem dat dié
maatskappy besig is om tegnologie te ontwikkel wat toevlugsareas
vir produsente sal vergemaklik. Hierdie produk sal oor die volgende
paar jaar bekend gestel word.
Verskeie eksperimente is ook op die proefplaas gedoen om die
effek van hael op die verskillende groeistadiums van die mielieplant
te bepaal asook watter effek die plant van
skips
en
doubles
op die
kopgrootte en opbrengs het.
AKTUEEL
ELMARIE HELBERG,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Gerhard Swanepoel (Biesiesvlei), Gert van
der Linde (Mareetsane) en Johnny Ackerman
(Klerksdorp) meen hulle het baie tydens die dag
geleer.
2 tot 5: Die persentasie blootstelling van die
mielieplant aan hael se effek op die mieliekop
kan in dié reeks foto’s waargeneem word.
“
...dat opbrengs die
belangrikste aspek
is wanneer hulle
‘n bepaalde kultivar
oorweeg.
“
1
2
3
4
5