Background Image
Previous Page  87 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 108 Next Page
Page Background

Nuwe kultivars

Geelmielies

Kontak ons gerus by:

011 790-8200

of

customercare.sa@monsanto.com www.monsanto.com www.facebook.com/MonsantoCo www.twitter.com/MonsantoCo

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.

... saam vorm julle

n vennootskap

van kennis wat sal sorg vir die regte

kultivarkeuse wat aan jou behoeftes

sal voldoen.

Met

DEKALB

® as deel van

jou boerdery is dit maklik om trots

te voel op dit wat jy doen. Boonop

weet jy dat Monsanto deurentyd

dáár is vir jou. Ons doen voortdurend

navorsing om ons reeds uitstekende

DEKALB

®-kultivars te verbeter sodat

ons mieliebasters ooreenkomstig jou

behoeftes kan lewer. Ons tegnologie

en navorsing, gerugsteun deur

professionele diens en advies, dra by

tot jou volgehoue sukses. Só oortref

ons jou verwagtinge keer op keer.

DKC61-90

DKC62-84R

DKC64-78BR GEN

DKC73-72

DKC73-70B GEN

DKC73-76R

DKC73-74BR GEN

DKC80-30R

DKC80-40BR GEN

Bestaande kultivars

DKC64-54BR

DKC65-52BR

DKC68-50

DKC68-54B

DKC68-56R

DKC68-58BR

DKC71-42

DKC71-44B

DKC74-20

DKC74-24B

DKC74-26R

DKC74-74BR

uppe marketing A16203

PLANT JOU SUKSES

Die optimale temperatuur vir Fusarium infeksie is 28°C. Die

swamspore infekteer die korrels en ander dele van die aar met ‘n

inkubasieperiode wat wissel na gelang van omgewingstoestande

soos temperatuur en vog. Tekens en/of simptome kan binne drie

dae na infeksie waargeneem word, maar die proses kan tot so lank

soos sewe dae neem.

Tipiese tekens van aarskroei is ‘n donkerbruin letsel, wat die punt

van infeksie aantoon. Alle voedingstowwe en water word afgesny

in die ragis en bokant die punt van infeksie en die geïnfekteerde

blompakkies sal dan ‘n strooikleur aanneem. Soos die infeksie in

die aar versprei, word die boonste en/of die onderste gedeelte van

die aar ook strooikleurig (

Foto 1

).

Die ragis verkleur ook na ‘n donkerbruin kleur, wat kenmerkend

van infeksie is. In erge gevalle, kan daar ook swamgroei aan die

buitekant van die besmette aar gesien word en die hele aar kan

afsterf. Hierdie swamgroei kan voorts aanleiding gee tot verdere

infeksie indien gesonde are, tydens blom, daaraan sou raak.

In Suid-Afrika is daar al oesverliese van tot 40% aangeteken wan-

neer die klimaatstoestande gunstig vir die swam was om te

ontwikkel. Besmette Fusarium sade is gewoonlik verkrimp, dof in

kleur en het soms swamgroei op die saad (

Foto 2

).

Sade wat gesond lyk, mag ook mikotoksiene bevat wat skadelik is

vir die mens en dier. Indien erg-besmette sade vir diere gevoer

word, kan dit gebeur dat hulle die voer weier. Die voortplanting van

diere kan ook beïnvloed word. As mense dit inneem, kan dit naar-

heid, maagpyn en koors veroorsaak. Wanneer besmette gars gebruik

word om bier te produseer, kan die mikotoksiene veroorsaak dat

die bier onbeheersd skuim wanneer dit oopgemaak word.

Dit is daarom belangrik om aarskroei te beheer. Beheermetodes

is egter moeilik omdat daar geen kultivars is wat bestand is teen

die siekte nie en geen chemiese middels vir die beheer daarvan

in Suid-Afrika geregistreer is nie. Daar is wel middels geregistreer

vir die beheer van saailingverwelk, maar hierdie produkte is

nie geregistreer vir die beheer van aarskroei nie.

Al word ongeregistreerde chemiese middels vir die beheer van

aarskroei gebruik, is die tyd van toediening, die hoeveelheid van die

swamdoder en ‘n opvolgbespuiting baie belangrik.

Hierdie faktore maak die beheer van die siekte ‘n groot uitdaging,

omdat al die are (al is dit een kultivar) nie op dieselfde tyd

blom nie. Vir eers bly die beste beheeropsie om die hoeveel-

heid inokulum, wat in/op die land teenwoordig is, so ver moontlik

te verminder.

Fusarium oorleef op dooie plantmateriaal en dié moet gebaal, in-

geploeg en/of verbrand word om die hoeveelheid inokulum te

verminder. Dit is belangrik om te weet dat verbranding van stop-

pels tot erosie, lae stikstofvlakke en die verlies aan grondvog kan

lei en dit is ook nie altyd ekonomies nie.

Alles is nie verlore nie...die LNR-Kleingraan het befondsing vanaf

die Wintergraantrust gekry om navorsing uit te voer om die hui-

dige kultivars se weerstandbiedendheid teen Fusarium te ver-

beter, aangesien dit die mees koste-effektiewe beheermetode

is. Fusarium weerstandsbronne word ingevoer en omdat hierdie

bronne nie aangepas is by ons Suid-Afrikaanse toestande nie,

word dit hier aangeplant, geïnokuleer, geëvalueer en geselekteer

vir Fusarium weerstand.

Met behulp van molekulêre merkers word weerstandsbronne

bevestig en dan word die weerstandsmateriaal in ‘n kruisingsblok

gebruik. Sodoende word die weerstand oorgedra na plante met

goeie agronomiese eienskappe. Die weerstandbiedende lyne

word aan alle belanghebbende partye beskikbaar gestel.

Indien jy enige verdere inligting verlang, kontak

LNR-Kleingraan by 058 307 3400 of

DeVilliersC@arc

.

agric.za.