Background Image
Previous Page  91 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 108 Next Page
Page Background

89

July 2017

Daar is ‘n groot verskeidenheid van teleskope op die mark.

Kies ‘n teleskoop wat geskik is vir jou doel en wat jou begroting

pas. Die enigste advies wat ek kan gee, is om die beste kwaliteit

volgens jou begroting te koop en te verseker dat dit ‘n handels-

merk is wat behoorlike naverkoopdiens kan lewer.

Met die montering van die teleskoop moet op die volgende gelet

word:

Verseker dat jy goeie kwaliteit en die korrekte monterings vir

die geweer koop. Swak kwaliteit en die verkeerde monterings

kan jou duur te staan kom as jy nie jou geweer ingeskiet kry nie.

Die basisse en ringe moet met die korrekte toerusting geïnstal-

leer word om te verseker dat die skroefkoppe nie beskadig word

nie en moet ook met die korrekte wringkrag vasgedraai word.

Dit sal verseker dat daar nie drukmerke op die teleskoop ver-

oorsaak word nie.

Die installeerder moet ook verseker dat die ringe met mekaar in

lyn is, asook in lyn is met die loop. Indien die loop en teleskoop

nie in lyn is nie, sal jy nie in ‘n reguit lyn oor verskillende afstan-

de kan skiet nie.

Heelwat ringe vereis ook dat die installeerder dit bietjie skuur

sodat die teleskoop presies in die ringe pas. Indien die teleskoop

nie presies in die ring pas nie, sal die ring merke op die tele-

skoop laat wanneer dit vasgemaak word. Dit kan veroorsaak

dat die teleskoop se parallaks vasgedruk word en ook merke op

die teleskoop se buis maak. Foutiewe installering van teleskope

word nie gedek onder die teleskoop se waarborg nie en kan

jou dus duur te staan kom.

Die installeerder moet ook verseker dat die teleskoop gemaklik

vir jou oog sit en dat die teleskoop se hoogte korrek is.

Laastens moet jy verseker dat die teleskoop se kruishaar

waterpas met die geweer is. Dit is baie belangrik as jy op verder

afstande skiet, omdat jy nie in ‘n vertikale lyn gaan skiet as die

kruishaar skeef is nie.

As jy na al hierdie punte omgesien het, kan jy uiteindelik jou

geweer skietbaan toe vat, maar daar is nog ‘n laaste stap om

met ‘n nuwe geweer te volg: ‘n Inskietproses. Hierdie stap is van

toepassing op alle nuwe gewere en lope. Die meeste vervaardi-

gers sal hierdie proses in die inligtingsbrosjure of op hul web-

tuiste beskryf.

Hierdie proses verskil van vervaardiger tot vervaardiger, maar kom

op die volgende neer:

Maak die geweerloop behoorlik skoonmaak voordat jy die eerste

skoot skiet.

Nadat die eerste skoot geskiet is, moet die loop weer behoorlik

skoongemaak word. Die hoeveelheid skote wat jy moet skiet

en hoeveel keer jy dit moet herhaal, sal deur die vervaardiger

voorgeskryf word.

Tydens hierdie proses moet jy baie goeie skoonmaaktoerus-

ting gebruik; dit is immers ‘n nuwe geweer en jy wil nie jou loop

of kroon beskadig met swak toerusting nie.

Gebruik goeie skoonmaakprodukte gebruik: Nitrosellulose-

oplosmiddel om die gebrande kruit uit die loop te haal en ‘n

koperoplosmiddel om die koperneerslae van die punt in die loop

op te los en dan ‘n goeie olie om die loop mee te smeer.

Hierdie inbreekproses sal jou loop glad maak en alle masjienmerke

wat tydens die vervaardiging gemaak is, uitskakel. Dit sal die

geweer se looplewe verleng en ook toekomstige skoonmaak van

die wapen vergemaklik.

As jy hierdie stappe met jou nuwe geweer gevolg het – of selfs ‘n

ou geweer wat jy wil vernuwe – sal jy ure se skietgenot daaruit kry.

Vir meer inligting, kontak FJ Lessing by 018 462 5712 of

fj@central

arms.co.za.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Molly Bester 2011

Laat jou teleskoop deur ‘n bekwame persoon

monteer. Jy moet ‘n teleskoop kies wat geskik is

vir jou doel en wat jou begroting pas.