Background Image
Previous Page  90 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

88

O

m ‘n lisensie vir ‘n nuwe geweer te kry, is vir meeste van

ons dieselfde as Kersfees vir ‘n klein seuntjie. Die natuur-

like volgende stap is om daardie nuwe geweer so gou

moontlik op ‘n skietbaan te kry en rondtes deur die loop

te sit. Maar om jouself tyd en geld te spaar en om die beste uit

jou nuwe geweer te kry, volg gerus die stappe wat in die artikel

beskryf word.

Die volgende faktore is belangrik om te verseker dat jy jou geweer

se volle potensiaal kan benut en ook dat jy die geweer so maklik

as moontlik kan skiet. Die meeste wapenhandelaars het ‘n persoon

wat vir jou na hierdie punte omsien, maar indien hulle nie het nie,

neem die geweer na ‘n bekwame wapensmid.

Eerstens moet jy verseker dat die loop van die geweer vry in

die kolf lê en dat daar geen drukpunte tussen die loop en kolf

is nie. Drukpunte kan veroorsaak dat jy nie in die kol skiet nie

– veral as die loop warm word. Indien dit ‘n houtkolf is, is dit

selfs meer belangrik, aangesien hout meer sensitief is vir

weersveranderinge en daarom kan krimp, swel en trek.

Jou handelaar of wapensmid sal kan adviseer of dit nodig is

om die aksie te pak. Omdat die meeste gewere van die rak af

toegerus is met massaproduksiekolwe is dit soms nodig om die

aksie te pak. Dit sal verseker dat die aksie stewig en noupassend

in die kolf sit, daar sal daar nie onnodige stres op die aksie wees

nie en dit sal ook verseker dat die loop reguit in die kolf lê.

Terwyl die geweer uitmekaar is, kan jy ook die sneller laat verstel

sodat dit geskik is vir jou. Rakgewere kom gewoonlik uit met ‘n

sneller wat om veiligheidsredes uitermate hard gestel is. Jou

hoofdoel vir die wapen sal ook bepaal watter snellerdruk jy gaan

verkies. Kompetisieskuts verkies fyner snellers en jagters ‘n

bietjie van ‘n harder sneller. Ongeag van hoe jy die snellerdruk

verkies, moet jy verseker dat die sneller veilig is en ook dat die

veiligheidsknip steeds werk.

As al die verstellings en werk afgehandel is, moet jy verseker

dat die aksieskroewe met die korrekte wringkrag (

torque

)

vasgedraai word. Dit sal verseker dat daar nie onnodige stres op

die aksie is nie en dit sal ook help dat jou geweer se impakpunt

nie te veel verander as jy ooit die geweer uit die kolf haal en

weer met dieselfde wringkrag terugsit nie.

Indien jy onseker is, kan jy ook die groefdraai en looplengte laat

meet; dit sal later belangrik wees in die herlaai van ammunisie

of die keuse van ammunisie.

Noudat jou geweer gereed is, kan jy ‘n teleskoop laat monteer

– weer eens sal ek aanbeveel dat dit deur ‘n bekwame persoon

gedoen word.

OP PLAASVLAK

Nuwe geweer / Inskietproses / Verstellings

Wapens en jag

FJ LESSING,

Central Arms and Outdoor

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Petro Sutherland 2013

Voordat jy die jagveld

met jou nuwe geweer

kan betree, is daar ‘n

paar punte waaraan

jy eers moet aandag

gee om jouself tyd en

geld te spaar en om

die beste uit jou nuwe

geweer te kry.