Background Image
Previous Page  89 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 108 Next Page
Page Background

87

July 2017

Wat benodig die adviseur om die

probleem te verstaan?

Dit is bykans onmoontlik om enige diagnose te maak sonder dat

die relevante feite op die tafel geplaas word. Vergelyk dit gerus

met die ondersoek wat deur ‘n mediese spesialis gedoen word.

Die toestand kan slegs gediagnoseer word nadat etlike toets-

uitslae bekom is, die mediese geskiedenis oorweeg is en ‘n be-

hoorlike ondersoek gedoen is om oorsake te bepaal. Net só is dit

onmoontlik vir die landboukundige om ‘n probleem suksesvol

te identifiseer en behandeling voor te skryf indien al die feite nie

bekend is nie.

Om verskeie redes word die relevante feite soms verswyg, ver-

draai of verdoesel. Wat ook al die rede daarvoor is, kan dit net lei

tot die swakker prestasie van die landboukundige en verdere druk

op die finansiële prestasie van die boerdery.

Die produsent behoort daarom in ‘n detailgesprek met die land-

boukundige te tree ten einde hom te bemagtig om die beste raad

te gee. Gebeur dit nie, kan die uitkoms onbevredigend wees en

beslis nie goeie waarde vir geld inhou nie.

Wat is die verantwoordelikhede

van die twee partye?

Soos die gesegde wat lui “

It takes two to tango

”, is die verhou-

ding tussen die landboukundige en die produsent ‘n dans waarin

dit net nie meer dieselfde effek het as een van die twee partye

afwesig is nie.

Adviseurs se rol word geoptimaliseer as hul reeds deel vorm van

die beplanning vir die jaar wat kom. Gereelde kontrole van die

vordering en tydige aanpassings kan beslis tot die besigheid se

voordeel wees. Die verantwoordelikheid van die produsent lê

daarin dat hulp vroegtydig eerder as té laat bekom moet word. Dit

is veral ter sprake in probleemondersoeke waar dit krities is om die

simptome te kan sien en te oorweeg soos wat dit ontstaan.

Dikwels is daar ook ‘n verloop in die wyse waarop simptome

vererger of verdwyn en indien dit té laat ondersoek word, is daar

min diagnostiese inligting beskikbaar. ‘n Uiterste voorbeeld is

waar onkruidskade vermoed word, maar die ondersoek eers teen

strooptyd (of daarna as die skade eers tydens die stroopproses aan

die lig kom) gedoen moet word. Dit is weer eens belangrik dat die

volledige stel feite op ‘n eerlike en openhartige wyse geopenbaar

word, aangesien sommige probleme by wyse van eliminasie van

oorsake geïdentifiseer moet word.

Van die landboukundige word verwag om binne die raamwerk van

teorie en praktiese ondervinding wat in sy portefeulje opgebou is,

‘n wetenskaplike beredenering van die tersaaklike feite te maak,

waarskynlikhede te oorweeg en tot ‘n slotsom te kom oor wat vir

die produsent die beste uitkoms sal verseker.

Soms is daar weens praktiese redes nie ‘n ideale wyse om ‘n saak

te hanteer nie (soos wanneer ‘n spesifieke implement nie beskik-

baar is nie en ook nie bekom kan word nie) en moet dit in ag geneem

word om ‘n tweede beste plan te beraam. Dit sou ideaal wees in-

dien daar ‘n opvolgbesoek of telefoonoproep plaasvind om te bepaal

of die verwagte uitkoms wel bereik is.

Slaggate wat lei tot ongelukkigheid

Die basis van enige suksesvolle besigheidsverhouding is eerlikheid

en wedersydse respek vir die ander party se tyd en koste. Stipte-

likheid, nakoming van afsprake, ‘n professionele interaksie en respek

vir beskikbare werksure en privaatheid is dikwels die suksesfaktore

wat lei tot ‘n lang en aangename verbintenis.

Landbou het dikwels die beeld van ‘n informele werksomgewing

en dit is moontlik dat dít ook juis die trekpleister is vir toetrede

tot ‘n loopbaan in hierdie bedryf. Dit is egter geen rede om die

noodsaaklikheid van professionaliteit te ignoreer nie. Beide partye

behoort ten alle tye professioneel teenoor mekaar op te tree wan-

neer ‘n afspraak gemaak en nagekom word, wanneer die onder-

soek gedoen en die aanbeveling gedoen word en selfs wanneer

die faktuur uitgereik en betaal moet word.

Samevatting

Die interaksie tussen die produsent en die landboukundige is in

vele opsigte besonders omdat hulle ‘n passie vir landbou deel.

Dit is egter ook ‘n professionele verhouding wat tussen twee

partye vestig en dit behoort deurgaans die beginsel te wees wat

toegepas word wanneer kontak plaasvind. Die resultate van ‘n

goeie spanbenadering sal vanself spreek.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Molly Bester 2017

Wêreldwyd is dit ‘n algemene verskynsel dat produsente op

die een of ander wyse van die kundigheid wat by vakkundiges

opgesluit lê, gebruik maak.