Background Image
Previous Page  83 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 83 / 108 Next Page
Page Background

81

July 2017

Die effektiewe bestuur van organiese deklae is dus van kardinale

belang in die bevordering van waterindringing en bewaring. Die

verhoging van die grond se organiese materiaalinhoud is egter

‘n proses wat oor jare (en selfs ‘n leeftyd) plaasvind.

Kultivareienskappe

Kultivars moet nie net op grond van opbrengs gekies word

nie. Eienskappe wat risiko’s verminder, soos uitloopweerstand,

siekteweerstand, Russiese koringluisweerstand, aluminiumver-

draagsaamheid en groeiperiode het almal ‘n groot invloed op vol-

houbare produksie.

In Suid-Afrika word hoofsaaklik twee soorte koring geplant, naam-

lik lente- en intermediêre koring. Lentekoring word hoofsaaklik

geteel vir besproeiingsareas en die winterreënvalgebiede, terwyl

intermediêre koring onder droëlandtoestande in die somerreënval-

gebied geplant word.

Lentekoring het gewoonlik ‘n groeiperiode van ongeveer 90 tot

110 dae vanaf opkoms tot blom, terwyl intermediêre koring enig-

iets van 140 tot 180 dae kan neem. Dit is belangrik om die

kultivarproewe in jou streek saam met die betrokke navorser te

besoek om kultivars se aanpassing in jou omgewing waar te neem.

Let veral op die kultivars se bestandheid teen siektes, die aantal

sy-are en die aantal pitte per aar.

Wat word van die grond verwag?

Die belangrikste funksie van grond is om water en voedingstowwe

te huisves en om ‘n gunstige omgewing vir wortelgroei te skep.

Gronddiepte, tekstuur en struktuur van die grond, die teenwoordig-

heid van organiese materiaal, waterpenetrasievermoë, plantbeskik-

bare water en ‘n gebalanseerde voedingstatus is almal belangrike

faktore wat bydra tot ‘n gunstige omgewing vir plantegroei.

“Plant-vriendelike” grond word gekenmerk deur water wat vinnig

indring en nie wegloop nie (oppervlakdreinering), wat nie ‘n kors

op die oppervlakte vorm nie (nie toeslaan nie) en wat nie vanaf

die oppervlakte ontsnap of verdamp nie. In sulke grond is die hele

profiel toeganklik vir wortels, dit bevat genoeg voedingstowwe (en

in die regte balans) en is genoegsaam deurlug.

Onder besproeiing word meer as 90% van die water uit die boon-

ste 40 cm-grondlaag onttrek. Dit is belangrik om die wortelversprei-

ding in hierdie laag te monitor, want dit gee ‘n aanduiding van die

teenwoordigheid van verdigte lae en watter soort bewerking en/

of bemesting in die af-seisoen gevolg moet word. Goeie wortel-

verspreiding tussen die rye is veral belangrik.

Die waterhouvermoë van die grond word grootliks bepaal deur die

organiese materiaalinhoud, asook die sand-, klei- en slikpersentasie

wat eie is aan ‘n spesifieke grond, sowel as die grootte van porieë.

Hiervan kan slegs die organiese materiaalinhoud en die opheffing

van verdigte lae bestuur word.

Onthou, wortels groei nie in droë grond nie, dit groei nie in ver-

suipte grond nie en ook nie in porieë met ‘n deursnee kleiner as die

wortel s’n nie.

Beginsels van waterbeweging in die grond

en waterbenutting deur wortels

Die rol van porieë

Organiese materiaalinhoud en effektiewe grondporieë is sinoniem

met mekaar. Water, lug en wortels beweeg in die porieë. Groot

porieë bevorder vinnige waterpenetrasie en beweging. Klein porieë

bevorder kapillêre beweging (veral opwaarts) van water en indien

dit nie in die grondoppervlakte “verbreek” word deur ‘n tipe grond-

kombers of oesreste nie, versnel dit oppervlakteverdamping.

Porieë in die grondoppervlakte word deur die aanslag van reën-

druppels vernietig, wat weer afloop bevorder. Hierdie proses kan

verminder word deur sommige afbreekprodukte van organiese

materiaal wat gronddeeltjies aanmekaar bind en die resultaat is

groter stabiele porieë, wat ‘n groter aanslag van reëndruppels

kan trotseer.

Omdat ons gronde oor die algemeen so laag in organiese mate-

riaalinhoud is, speel oesreste wat op die grondoppervlakte lê ‘n

belangrike rol in die opbou van organiese materiaalinhoud.

Om die moderne tegnologie

wat beskikbaar is

tot jou voordeel in te

span, is kennis van die

basiese beginsels van

graanproduksie krities.

2: Goeie gesonde grond met ‘n hoë organiese materiaal-

inhoud is belangrik vir suksesvolle koringproduksie.

3: Water wat staan in ‘n koringland as gevolg van

swak dreinering.

2

3