Background Image
Previous Page  82 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

80

‘n Ketting met ‘n swak skakel

is ‘n stukkende ketting

– belangrikste faktore wat die opbrengs van koring beïnvloed

D

ie afgelope twee seisoene se droogte het ons opnuut be-

wus gemaak van hoe belangrik dit is om reënwater opti-

maal te benut. In die geval van koringproduksie is dit

veral praktyke om water op te gaar in die oorlêperiode

en die verspreiding van reënbuie oor die groeiseisoen heen wat

krities is vir die realisering van hoë graanopbrengste.

Omdat omgewingsfaktore heel dikwels nie ideaal is vir hoër op-

brengste nie, moet die leemtes geïdentifiseer en deur gepaste

produksiepraktyke reggestel word. Daar is internasionaal bepaal

dat slegs sowat 60% van koringkultivars se genetiese opbrengs-

potensiaal benut word. Die groot vraag is: Hoe word hierdie op-

brengsbeperkende faktore in die praktyk aangespreek?

Die belangrikste faktore wat opbrengs beïnvloed, sluit in kultivar-

keuse, grondeienskappe, klimaatsfaktore, produksie-insette en

risiko’s in die algemeen. Min hiervan kan egter bestuur word, maar

die effek daarvan kan verminder word deur:

Te fokus op faktore wat gemeet kan word;

jou te omring met kundiges wat goeie raad kan gee;

gedurig jou oplettendheid op te skerp; en

deur moeite te maak daarvan om die plant/grond/klimaat

se interaksie te verstaan.

Om die moderne tegnologie wat beskikbaar is tot jou voordeel

in te span, is kennis van die basiese beginsels van graanproduk-

sie krities.

Hoër opbrengste berus grootliks op die effektiwiteit van die in-

teraksie tussen die wortels, water, voeding, grondlewe en fisiese

grondeienskappe. Hierdie faktore kan almal tot ‘n mindere of

meerdere mate bestuur word. Die langtermyndoelwit moet wees

om grondeienskappe sodanig te verbeter dat wortelverspreiding,

waterindringing, waterstoorkapasiteit en waterbenutting optimaal

kan plaasvind.

Die organiese materiaalinhoud van die grond speel ‘n kritiese

rol hierin, aangesien dit hierdie materiaal is wat waterindringing

bevorder. Dit is veral belangrik in die boonste ±5 cm van die

grondlaag. Water wat wegloop, is nutteloos vir graanproduksie.

OP PLAASVLAK

Produksiepraktyke / Koringverbouing / Opbrengs

Bestuurspraktyke

DR HUGO SMIT,

privaat konsultant en

DR ANNELIE BARNARD,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

1: ‘n Gesonde koringplant ontwikkel in ‘n belowende oes.

1