Background Image
Previous Page  85 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 85 / 108 Next Page
Page Background

Die lengte van die aar gee ‘n aanduiding van die aantal sy-are en

die breedte dui op die aantal potensiële blommetjies per sy-aar

wat moontlik bevrug kan word om pitte te produseer.

N-toediening tydens vlagblaarstadium of aarverskyning het ‘n

positiewe uitwerking op die aantal vrugbare blommetjies wat be-

vrug kan word en dit is ook belangrik vir ‘n hoë proteïeninhoud

in die saad. Daar is ‘n persepsie dat opbrengs negatief korreleer

met proteïen.

Dit is egter net ‘n halwe waarheid en is slegs geldig in gevalle

waar stikstofbestuur sub-optimaal is. Die grootste hoeveelheid van

die N wat vir die proteïeninhoud van die saad verantwoordelik is,

word gedurende die eerste 15 tot 20 dae na bestuiwing neergelê

en daarna word die stysel wat vir hoë opbrengste verantwoordelik

is, neergelê.

In gevalle waar uiters gunstige klimaatstoestande gedurende die

korrelvulperiode voorkom, verskuif die verhouding van proteïen/

stysel ten gunste van stysel.

N is die element wat die maklikste loog en word gevolg deur ka-

lium. Kalium (K) speel ‘n belangrike rol in die waterverhoudings

van die plant en dra daarom by tot droogteverdraagsaamheid.

Genoegsame K gedurende die korrelvulstadium speel ‘n belang-

rike rol in die produksie van swaar korrels.

Blaarontledings by vlagblaarstadium gee ‘n goeie aanduiding van

die plant se voedingsbehoefte. Die hoeveelheid energie wat deur

fotosintese geproduseer word, bepaal die hoeveelheid proteïen

en stysel (hoë hektolitermassa) in die saad. ‘n Lang groenblaar-

leeftyd saam met genoeg water en voeding, verseker ‘n effektiewe

fotosintesefabriek wat noodsaaklik is vir hoër proteïen en hekto-

litermassa. Die beheer van luise en siektes wat die blare en are

aanval, is derhalwe van groot belang.

Slotgedagtes

Boerdery is ‘n besigheid waarvan die hoofdoel is om wins te

maak, terwyl hulpbronne behoue bly. Die wagwoord is daarom

hoër opbrengste met laer insette, in simbiose met die natuur. Om

hierdie doelwit te bereik, vereis deeglike beplanning en presiese

uitvoering van planne.

‘n Produksieplan is nie ‘n resep nie, want dit moet aangepas word

by heersende en veranderende omstandighede. Om dit te kan ver-

wesenlik, is dit nie noodsaaklik om ‘n diepgaande wetenskaplike

kennis van al die produksieprosesse te hê nie, maar om die basiese

werking van die faktore wat opbrengs beïnvloed, goed te verstaan.

Verder is dit belangrik om hierdie prosesse en produksieplanne

dag en nag te deurdink sodat dit effektief toegepas kan word.

Hou in gedagte dat die plant se ontwikkeling deur verskeie ont-

wikkelingstadiums, wat elk sy eie behoeftes het, gaan en dat elke

stadium krities is vir optimale opbrengs.

Moenie boeredae in jou omgewing misloop nie (al gaan dit oor

somergewasse, weiding of diereproduksie), want die ontwikke-

ling van nuwe tegnologie is aan die orde van die dag en die toe-

passing daarvan is krities om produksieprosesse te verbeter.

Die sukses van die produsent word bepaal deur sy vermoë om die

tekortkominge van die plant se groei-omgewing

te identifiseer en reg te stel. ‘n Ketting met ‘n swak

skakel is ‘n stukkende ketting.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Piet Lombard 2012