Background Image
Previous Page  86 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 108 Next Page
Page Background

84

Die infeksieproses

van Fusarium aarskroei

E

en van die mees beperkende faktore in koringverbouing

is die teenwoordigheid van siektes. Siektes veroorsaak ‘n

verlaging in opbrengs, kwaliteit en ook winsgewendheid.

Een van die siektes wat wêreldwyd onder besproeiings-

koring voorkom, is aarskroei.

Aarskroei kom nie net op koring voor nie, maar ook op hawer en

gars. Die siekte is vir die eerste keer in 1988 in die Prieska-omge-

wing aangemeld. Dit word hoofsaaklik deur die swam

Fusarium

graminearum

veroorsaak, maar daar is ook ander spesies wat op

koring kan voorkom.

Primêre bronne van inokulum op en in die grond, sluit in geïn-

fekteerde oesreste soos plantmateriaal en saad. Oesreste is die

grootste bron van inokulum, want hierop oorleef die swam totdat die

toestande weer gunstig is om te ontkiem.

Daar is ‘n korrelasie tussen die hoeveelheid geïnfekteerde stoppels

wat voorkom en die hoeveelheid geïnfekteerde are in daardie

seisoen.

Dit is ook belangrik om te weet dat wanneer besmette sade ge-

plant word, dit saailingverwelk, wat ook ‘n invloed op opbrengs

en winsgewendheid het, veroorsaak. Saadbehandeling kan die

kiemkragtigheid van die saad verhoog, maar dit sal ‘n minimale,

indien enige, beskermende effek op die are van die plant hê (later

in die groeiseisoen), omdat saadbehandeling die plant net vir ‘n

sekere periode aan die begin van die seisoen beskerm.

Dit is belangrik om te weet dat dieselfde swam wat kleingrane aan-

val, ook verantwoordelik is vir die voorkoms van kopvrot by mielies.

Daarom word koring/mielies nie aanbeveel vir gewasrotasie nie.

Aarskroei kom hoofsaaklik onder besproeiing voor, omdat die om-

gewingstemperatuur, humiditeit (van meer as 90%), lugtempera-

tuur, die hoeveelheid inokulum teenwoordig en gewasrotasie, van

die belangrikste faktore is wat ‘n gunstige rol in die voorkoms van

aarskroei speel.

Oorhoofse besproeiing sal die swam help om verder te versprei

deur spattende water, wind en insekte. Dit is dus moontlik dat aan-

grensende lande ook deur die swamspore geïnfekteer kan word.

Die eerste tekens van aarskroei-infeksie kan gewoonlik in die middel

van die spilpunt, wanneer die koringare begin blom, gesien word.

Infeksie vind hoofsaaklik plaas vanaf blomstadium tot sagte deeg-

stadium, waarna die tempo van infeksie heelwat afneem soos die

aar fisiologies ontwikkel. Tydens die vatbare periode – veral by

temperature tussen 15°C tot 31°C – moet genoeg vog beskikbaar

wees om swamgroei te ondersteun.

OP PLAASVLAK

Koringverbouing / Aarskroei / Fusarium

Geïntegreerde plaagbeheer

1: Voedingstowwe wat in die ragis by ‘n geïnfekteerde koringaar

afgesny is.

2: Fusarium besmette sade gemeng met gesonde saad.

CATHY DE VILLIERS,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

1

2