Julie 2017
76
B
emarking en prysrisikobestuur speel ‘n uiters belangrike rol
in die winsgewendheid van produsente. Beter produksie-
praktyke en tegnologiese vooruitgang het plaaslike produ-
sente oor die afgelope paar jaar heelwat meer effektief
begin maak en produsente toon effektiewe produksie.
Die effektiewe bemarking van grane word egter dikwels tot ‘n
groot mate agterweë gelaat en dit kan aan verskeie faktore toege-
skryf word, wat somtyds die gebrek aan selfvertroue en/of die
tekort aan basiese kennis van die werking van afgeleide instru-
mente insluit.
Daar is besluit om ‘n reeks artikels oor prysrisikobesuur en bemar-
kingsmoontlikhede in
SA Graan/Grain
te publiseer. Die reeks sal
uit ses artikels bestaan en sal verskeie faktore met betrekking tot
prysrisikobestuur en bemarkingsmoontlikhede aanspreek:
Deel 1: Markstrukture en inligtingsbronne – Julie 2017
Deel 2: Risiko’s om te oorweeg – Augustus 2017
Deel 3: Bemarkingsmoontlikhede – September 2017
Deel 4: Die gebruik van Safex-termynkontrakte – Oktober 2017
Deel 5: Die gebruik van Safex-opsiekontrakte – November 2017
Deel 6: Diversifikasie – Desember 2017
Die markstrukture
Suid-Afrika het voor die deregulering van die bemarkingsrade in
1997 ‘n gereguleerde markstruktuur gehad. Dit was die sogenaam-
de enkelkanaalbemarkingstelsel, waar die pryse wat produsente
vir die geproduseerde produk ontvang het, vasgestel is deur die
betrokke kommoditeit se bemarkingsraad.
Hierdie raad het dus die “bemarking” van die grane namens die
produsente behartig en die produsente het deur die loop van die
seisoen ‘n vasgestelde prys vir die produk ontvang.
Die bemarkingswet is egter in 1997 hersien en die mark is gederegu-
leer, wat beteken het dat dit oorbeweeg het na ‘n vryemarkstelsel,
waar elke rolspeler in die waardeketting self verantwoordelikheid
moes aanvaar vir die bemarking van die geproduseerde produk.
Groot veranderinge het in die mark plaasgevind en nuwe stelsels
is in plek gestel om vryemarkhandel te vergemaklik en beter te
laat funksioneer.
In werklikheid het die hele mark ‘n strukturele verandering onder-
gaan en daarom is dit belangrik vir produsente om die huidige
markstruktuur te verstaan.
Rolspelers in die mark
Een van die ekonomiese kenmerke van ‘n vrymarkstelsel is dat
daar ‘n groot aantal kopers en verkopers in die mark is en die pryse
van die onderliggende produkte deur die markkragte, naamlik
vraag en aanbod, bepaal word.
Dit wil sê dat alhoewel daar verskeie rolspelers in die mark is wat
elk in sy eie reg ‘n belang by en in die werking van die mark het,
geen van hierdie rolspelers die mark kan beïnvloed nie. Dit is as
gevolg van die grootte en aantal deelnemers in die mark.
Hierdie rolspelers is belanghebbendes in die mark wat deur die
hele waardeketting van die produk strek – van die primêre pro-
dusent wat die rouproduk produseer tot en met die verbruiker
wat die produkte wat uit die rouproduk vervaardig is op die ou
einde verbruik.
Die rolspelers in die mark sluit in primêre produsente wat die fi-
siese kommoditeit produseer.
Handelaars en makelaars, wat meestal dien as middelman tussen
die kopers en verkopers, is in die meeste gevalle ook verantwoor-
delik vir die verskansing van grane. Opbergers sluit die kommer-
siële silo-eienaars wat die grane vir die kliënt stoor, in.
Die kliënt kan enige party in die waardeketting wees en hy betaal
‘n stoorfooi aan die opberger. Meulenaars en veevoervervaardi-
gers verwerk die rou kommoditeite na ander produkte (meel en vee-
voere) voor dit weer na die relevante bestemmings versprei word.
Prysvormingstrukture
Daar is verskeie faktore wat die plaaslike pryse van grane beïn-
vloed. Hierdie pryse sluit nie net die plaaslike markomstandig-
hede in nie, maar ook die internasionale kommoditeitspryse en selfs
die wisselkoers.
Die internasionale mark speel daarom ook ‘n groot rol in die plaas-
like prysbepaling. Een van die groot redes daarvoor is die feit dat
die plaaslike pryse oor die algemeen tussen ‘n in- en uitvoerpa-
riteitsprys verhandel, afhangende van die plaaslike markomstan-
dighede en aanbod.
Pariteitspryse is konsepte wat gebruik word wanneer interna-
sionale vergelykende pryse geanaliseer word. In kort beteken
dit dat ‘n invoerpariteitsprys min of meer die prys sal wees wat
vir die produk betaal word wanneer dit ingevoer word, terwyl die
uitvoerpariteitsprys verwys na die prys wat ontvang sal word vir
die produk wanneer dit uitgevoer word.
Hierdie prys sluit die verskeie kostes verbonde aan die aankoop/
verkoop van die produk in, wat strek vanaf die aankoop-/verkoop-
prys van die produk tot en met die vervoer, hanterings-, finansie-
rings- en versekeringskostes om die produk op ‘n sekere plek te kry.
OP PLAASVLAK
Bemarking
– Deel 1
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA
IN ‘N NEUTEDOP
Prysrisikobestuur
Reeks
Markstrukture en inligtingsbronne