

Julie 2016
30
Bestuur grondvrugbaarheid só
G
rondvrugbaarheid is ‘n onderwerp wat vir menige produ-
sent ‘n probleem of ‘n uitdaging is. Daar is baie wat nog
nagevors moet word in die bestuur van grondvrugbaar-
heid, maar daar is reeds ‘n paar beginsels wat – ek glo – nie
in die afsienbare toekoms gaan verander nie.
Die eerste stap in kundige grondvrugbaarheidsbestuur is om seker
te maak dat die regte pH gehandhaaf word om die elemente vir op-
name deur die plant beskikbaar te stel. Die ideale pH(H
2
O) in die
grondoplossing is in 1964 deur Trough vasgestel op tussen 6,5 en
7,5. Daar is bevind dat die voedingstofelemente se plantbeskikbaar-
heid in ‘n grondoplossing by die 6,5- tot 7,5-reeks die beste is – soos
voorgestel in
Figuur 1
.
Grondsuurheid, oftewel pH, is ‘n aanduiding van die balans van
H
+
- en Al3
+
-ione in die grondoplossing. Die toename in die H
+
-ioon
veroorsaak ‘n vrystelling van Al3
+
-ione vanuit die kleiminerale na die
grondoplossing, wat toksies vir plantwortels is.
Die oormaat Al3
+
-ione verhinder die plantbeskikbaarheid van die
meeste plantvoedingstowwe. Kom ons vra die vraag: “Wat presies
is pH-meting?”
pH is ‘n numeriese skaal om die suurheid of alkaliniteit van ‘n
waterige oplossing aan te dui. Dit is rofweg die negatief van die
logaritme tot die basis 10 van die molêre konsentrasie, gemeet in
eenhede van mol per liter, van die waterstof-ione.
Om meer presies te wees, is dit die negatief van die logaritme tot
die basis 10 van die aktiwiteit van die waterstof-ione. Dit kan as die
volgende formule uitgedruk word: pH = −log [H
+
].
Wat beteken dit egter vir die produsent in
die bestuur van grondvrugbaarheid en die
verbouing van gewasse? Die antwoord word
diagrammaties voorgestel in
Tabel 1
waar
daar in die logaritmiese skaal ‘n aanduiding
van die pH-eenhede verskaf word.
Vanuit Tabel 1 kan waargeneem word dat
die pH-waarde se H
+
-konsentrasie relatief
tot suiwer water, tien maal van die vorige
waarde verskil.
Dit beteken dat indien die pH-waarde vanaf
5 na 4 toe gedaal het, is die H
+
-konsentrasie
tien keer meer as wat dit was en indien dit
na pH-waarde na 3 toe sou daal, is die H
+
-
konsentrasie ‘n 100 keer meer as wat dit was
toe die pH-waarde 5 was.
Tabel 1 gee ‘n duidelike aanduiding dat
die pH-waardes se veranderings, vir die
produsent, meer is as net die een of twee
waardeveranderings wat weerspieël word
en dat die H
+
-konsentrasies tienvoudig ver-
ander met elke beweging van ‘n pH-waarde.
Dit is algemene kennis dat indien die pH
nie op gewenste vlakke is nie, dit die be-
skikbaarheid van plantvoedingstowwe in
die grondoplossing dramaties beïnvloed
en verlaag. Die negatiewe invloed strek ook
na die plantvoedingstowwe of kunsmis wat
die produsent aan die grondoplossing toe-
dien om ‘n verwagte opbrengs na te streef.
In
Figuur 2
word die impak van verskil-
lende pH-vlakke op plantvoedingstofbeskik-
baarheid in die grondoplossing diagram-
maties aangedui.
Dit is duidelik uit Figuur 2 dat die bemes-
ting by laer pH-vlakke ‘n vermorsing van
geld is wanneer die pH-vlakke van die
grondoplossing nie vooraf reggestel is nie.
FOKUS
Bemesting
Spesiale
ESMOND COEN,
Grasland
PH-WAARDE
H+-KONSENTRASIE RELATIEF
TOT SUIWER WATER
VOORBEELD
0
10 000 000
Batterysuur
1
1 000 000
Maagsuur
2
100 000
Suurlemoensap en asyn
3
10 000
Lemoensap en gaskoeldrank
4
1 000
Tamatiesap en suurreën
5
100
Swart koffie en piesangs
6
10
Melk
7
1
Suiwer water
8
0,1
Seewater en eiers
9
0,01
Koeksoda
Figuur 1: Plantvoedingstofbeskikbaarheid by verskillende pH-waardes.
TABEL 1: LOGARITMIESE SKAAL-AANDUIDING VAN PH-EENHEDE.