

Fertasa stempel
van goedkeuring –
gesertifiseerde geloofwaardigheid
C
o
e
o
f
C
o
n
u
c
t
C
o
m
p
l
a
e
t
i
F
I
L
Z
R
S
O
I
N
O
S
O
U
T
H
A
F
I
C
A
FF
E
E
RR
TT
R
II
L
LL
II
Z
E
E
R
A
S
C
A
T
I
O
F
E
R
N
R
I
C
C
A
i
n
t
C
r
f
i
e
d
d
d
Fertasa
– beskerm die volhoubare
gebruik van kunsmis.
Fertasa
en sy lede is verbind tot die bevordering van volhoubare
grondvrugbaarheid en verbeterde plantvoeding.
Fertasa
-lede is
verbind tot:
• ’n Gedragskode.
• Standaarde deur ’n onafhanklike nakomingsbestuursliggaam geouditeer.
• Gehalte produkte.
• Toepaslike wetenskaplik-gebaseerde aanbevelings.
• Voortgesette onderrig en verbetering.
• Die nakoming van wetlike vereistes.
The Fertilizer Association of Southern Africa NPC
Reg. Nr. 1971/000012/08 • VAT Reg. Nr. 4830104164
Tel: +27 (0)12 349 1450, Faks: +27 (0)12 349 1463
E-pos:
general@fertasa.co.za,Webtuiste:
www.fertasa.co.zaDit verskil egter hemelsbreed van die situasie in die voedselprodu-
serende gebiede van Noord- en Suid-Amerika en ook die Oekraïne.
Dominante gronde is gewoonlik vlakker en dikwels op steiltes
geleë. Voorkeurgronde kom in beperkte plekke voor, meestal in die
oostelike somerreënvalgebied. Wanneer die grond behoorlik be-
mes en gekalk is, doen dit goed.
Volhoubare grondgebruik en -bestuur behels nie slegs grondge-
halte nie, maar sluit ‘n uitgebreide beplanningsagenda in. Wanneer
nuwe projekte ter sprake is, moet sake soos grondgesondheid,
ekostelseldienste, voedselsekerheid en omgewingsaanpasbaarheid
in aanmerking geneem word.
Hy het daarop gewys dat wanneer die misstofbedryf sy grondhulp-
bronne met betrekking tot sy toekomstige groei alles in aanmer-
king neem, die beste opsies moontlik deur beplanners ontsien
mag word omdat hulle nie ook ander aspekte van volhoubaarheid
aanspreek nie. Indien ekologies-gedugte grondbestuur en maat-
skaplike regverdigheid nie as voorvereistes vir ontwikkeling gestel
word nie, kan dit lei tot nog ‘n tragiese nagmerrie soos dié van ‘n
Sowjet- of Chinese-styl van sentrale beplanning.
Die grootste beperking in die landbou is grondeiendomsreg – en
meer só wat die DRK betref. Zambië bied etlike aansporings vir
kommersiële boerdery. Die klimaat, grondtipe en ander hulp-
bronne behoort dit uiteindelik een van die mees winsgewende boer-
derystreke ter wêreld te maak.
Misstofmarkte in Afrika
Dr Augustine Langyintuo (Wêreldbank-groep) het misstofmarkte
in Afrika bespreek. Volgens hom is kleiner opbrengste hoofsaak-
lik te wyte aan die beperkte aanwending van verbeterde tegno-
logieë soos byvoorbeeld die misstoftegnologie. Minerale misstof
is ‘n hoofkomponent van integrale grondvrugbaarheidsbestuur vir
verhoogde en volhoubare gewasproduktiwiteit. Bemestingtoedie-
ning op die kontinent bly so laag soos 11 kg/ha, vergeleke met die
voorgestelde 50 kg/ha van die Maputu-verklaring.
In Suidoos-Asië is die syfer 96 kg/ha, met 101 kg/ha in Suid-Asië
en meer as 145 kg/ha in die ontwikkelde wêrelddele. Misstofmark-
ontwikkeling in Afrika word beperk deur onder meer ‘n tekort aan
finansiering vir verbruikers om misstof mededingend te produseer.
In Afrika beloop handelsbanklenings aan die landbousektor ge-
middeld slegs 3%. Derhalwe word meer as 45% van landelike pro-
dusente daardeur uitgesluit en kan hulle nie misstof aankoop nie.
Misstofproduksie in Afrika verteenwoordig slegs 3% van die
globale syfer. Entrepreneurs word dus genoodsaak om byna al hul
misstofbenodighede teen ‘n hoë koste in te voer. ‘n Ton misstof
kan uit die VSA na Mombasa in Kenia verskeep word teen ‘n koste
van sowat $50. Om dit van Mombasa na Kampala in Uganda te
vervoer – ‘n afstand van 1 000 km – kos $80 - $90.
As gevolg van die lae prestasietoetsing in landbou, bestee Afrika-
regerings jaarliks tussen $30 miljard en $50 miljard aan voedselin-
voere en ontneem daardeur die kontinent van lewensnoodsaaklike
fondse wat eerder vir infrastruktuur, maatskaplike en ekonomiese
geriewe aangewend sou kon word.
Vir nadere inligting, skakel Hermien Wouda by 012 349 1450.
Dit is met leedwese wat ons verneem het van die skielike afsterwe
van Hans Lombard in Meimaand vanjaar. Ons gebede is met sy vrou,
Magret, sy familie en vriende. Lees ook die berig op bladsy 90 – Red.