

FOKUS
Bemesting
Spesiale
Agri SA
Mnr Omri van Zyl (uitvoerende direkteur: Agri SA) het ‘n onrus-
barende opname bespreek van die uitwerking van die ernstige
droogte op Suider-Afrika. Die huidige voedselonsekerheid is erger
as gewoonlik en sal na verwagting verder versleg.
Mielieproduksie het met 35% gedaal, wat tot prysstygings van
tussen 15% en 40% gelei het. Bykans 29 miljoen mense beleef tans
‘n voedseltekort. Miljoene mense sal gedurende 2016/2017 hu-
manitêre bystand benodig, naamlik in Zimbabwe, Malawi, Mosam-
biek, Lesotho en Madagaskar.
Noodvoedselbystand sal met ongeveer 30% styg. Streekvoorrade
van graan in sommige surplusvoorraadlande is beperk. Zambië,
wat verlede jaar die land met die hoogste uitvoere was, beskik
oor ‘n surplus van 200 000 ton. Stapelgraanpryse is aansienlik bo
die gemiddeld van die afgelope vyf jaar. Mosambiek toon die
hoogste prystoename, naamlik 41,9%. Madagaskar is tweede, met
27% - 40% en Suid-Afrika derde, met 34,9%. In die vierde plek is
Zimbabwe met 19%. Zambië toon die kleinste toename, naamlik 3%.
Die huidige reënval is die laagste in 35 jaar. ‘n Aansienlike afname
in gewasproduksie word gedurende 2016 verwag, wat voedsel-
sekerheid in 2016/2017 verder sal benadeel.
Zambië
Mnr Jan Vermaak (besturende direkteur: Omnia Kunsmis, Afrika)
het die Zambiese misstofmark bespreek. Hy het gesê Zambië
se binnelandse vervaardiging van misstof is beperk. Alle mis-
stofprodukte en -grondstowwe word ingevoer. Nitro Chemikalieë
van Zambië (NCZ) vervaardig al die D-verbinding vir die Plaasinset-
voorsieningsprogram (FISP).
Gedurende die 2015/2016-gewasproduksieseisoen is sowat
220 000 metrieke ton D-verbinding en ureum aan ‘n miljoen opko-
mende boere versprei. Misstof vir FISP word ingevolge ‘n tender-
stelsel deur privaat- en groothandelaars geproduseer.
Die rol van Zambië se privaatsektor behels die internasionale ver-
kryging van misstofgrondstowwe en finale produkte. Dit sluit in
die koördinering van invoerlogistiek, asook die plaaslike verkoop en
verspreiding van misstowwe. Daar is beperkte plaaslike vermen-
ging. Sommige maatskappye, soos Omnia, voorsien tegniese en
landboudienste.
Zambië se landbousektor is verantwoordelik vir sowat 20% van
die bruto binnelandse produk (BBP). Werksgeleenthede word aan
meer as 60% van die arbeidsmag voorsien, hoofsaaklik opkomen-
de boere. Ongeveer 95% van opkomende boere bewerk minder as
5 ha elk, hoofsaaklik vir die verbouing van mielies vir eie verbruik.
Grondvolhoubaarheid
Prof Martin Fey, buitengewone professor aan die Universiteit van
Pretoria, het grondvolhoubaarheid en die mark in Suider-Afrika
bespreek. Volgens hom is die oorvloed van grond in Suider-Afrika
na skatting redelik.
2016 se oes- en kunsmisprysverhouding