

35
July 2016
Die effektiwiteit van KAN teenoor ureum by
verskillende N-peile oor tye van toediening
Die opbrengsreaksie op hoër N-peile was baie beter vir KAN as vir
ureum (
Grafiek 2
). Bandgeplaasde ureum-N-toedienings van meer
as 15 kg/ha (35 minus 20 kg N/ha in die plantmengsel) het baie min-
der opbrengs gelewer as KAN by vergelykbare N-peile (Grafiek 2).
Opbrengs by 155 kg KAN-N/ha was 3 t/ha meer as met ureum by
dieselfde N-peil (Grafiek 2). Hierdie verskil word hoofsaaklik aan
ammoniakvergiftiging, maar waarskynlik ook ammoniakvervlug-
tiging weens gekonsentreerde ureum tydens droë omstandighede
toegeskryf.
Gevolgtrekkings
N-toedienings teen drie weke na-plant is meer effektief as drie
weke voor-plant en baie meer effektief as met-plant vir albei
N-bronne.
Hoër opbrengs vir KAN in vergelyking met ureum oor N-peile is
vir alle tydbehandelings verkry. Hierdie verskil in opbrengs was
egter die grootste vir met-planttoedienings. Die opbrengs wat
só vir met-planttoedienings met KAN verkry is, was 3,2 t/ha of
177% meer as wat met ureum verkry is.
KAN het baie beter as ureum op hoër N-peile gereageer wanneer
gemiddeld oor tye van toediening vergelyk is. Hierdie effek is
by meer as 15 kg N/ha waargeneem. Die opbrengs wat só met
KAN by 155 kg N/ha verkry is, was 3 t/ha of 88% hoër as wat
met ureum by dieselfde N-peil verkry is.
Risikobestuur
Risiko word verminder deur die meeste N na-plant toe te dien eerder
as voor-plant of met-plant. In relatief droër dele (<700 mm reën/jaar)
is die aanbeveling drie tot vier weke na-plant en in relatief natter
gebiede (>700 mm reën/jaar) vier tot ses weke na-plant.
Deur vooraf op die praktyk van na-planttoedienings vir die meeste
N te besluit, word die neem van risiko weens droogte uitgestel
of verminder. Wanneer dit duidelik word dat die seisoen verder
baie droog gaan wees, kan N-peile afwaarts aangepas word of
geen verdere N gegee word nie ten einde risiko van winsverlies te
verminder.
Die risiko van ‘n betekenisvolle opbrengsverlies weens ‘n droë
periode na-plant is baie groter wanneer ureum as die hoof N-bron
gebandplaas word in vergelyking met KAN. Hierdie risiko is vir
verskillende tye van toediening van toepassing, maar veral vir met-
planttoedienings. Hierdie risiko is ook oor tye van toediening vanaf
relatief lae ureum-N-peile van toepassing.
Vir meer inligting of ‘n Engelse weergawe, kontak Sasol Base
Chemicals by 011 790 1111 of
fertiliser@sasol.com .Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer
lokaliteit-spesifieke toepassings. Die resultate waarna in hierdie
artikel verwys word, is onder spesifieke omstandighede verkry
en kan daarom nie veralgemeen word vir alle omstandighede nie.
Verwysings
Adriaanse, FG. 1990.
Effects of nitrate: Ammonium ratios, times of application and
prolificacy on nitrogen response of
Zea Mays L., Ph. D.: University of the Free State.
Adriaanse, FG, and Human JJ. 1991.
The effects of nitrate: Ammonium ratios and
dicyandiamide on the nitrogen response of
Zea Mays L.
in a high rainfall area on an
acid soil
. Plant and Soil, 135: 43 - 52.
Adriaanse, FG. 2012a.
Efficacy and application of nitrogen sources
. The Fertiliser
Society of Southern Africa Journal.
Adriaanse, FG. 2012b.
KAN of ureum: Voor-plant, met-plant of na-plant
.
SA Graan/
Grain
: 5/12.
Adriaanse, FG, and Human JJ. 1993.
Effect of time of application and nitrate:
Ammonium ratios on maize grain yield, grain N concentration and soil mineral N
concentration in a semi-arid region
. Field Crops Research, 34: 57 - 70.
AVAILS. 1998. Official advisory service: France
Grove, TL, Ritchey, KD and Naderman, GC. 1980.
Nitrogen fertilization of maize on
an oxisol of the Cerrado of Brazil.
Agron, J. 72: 261 - 265
Mangle & Hawkins. 1995. Penchant Manual. Purdue University: West Lafayette
Indiana, USA.
ITGC. 2004. Instituto Técnicode Gestión del Cereal: Spain.
Levington Agriculture UK. 2009. In Basten, M.
Fertiliser quality and the environment
.
The Fertiliser Society of Southern Africa Journal, 2009.
Grafiek 1: Opbrengsreaksie op tye van toediening oor N-peile vir die
1999/2000-seisoen.
Bron: LNR-IGG, Navorsingsverslag, 2000
Kleinste betekenisvolle verskil (0,05) = 687 kg/ha
Grafiek 2: Opbrengsreaksie op N-peile vir KAN en ureum oor tye van toe-
diening vir die 1999/2000-seisoen. Met-plant is 20 kg N/ha van elke N-peil
(behalwe die kontrole) as KAN in die plantmengsel toegedien.
Bron: LNR-IGG, Navorsingsverslag, 2000
SEISOEN
TYD VAN EERSTE
EFFEKTIEWE
(>10 MM) REËN
(DAE NA-PLANT)
HOEVEELHEID
EERSTE EFFEK-
TIEWE REËN (MM)
MAKSIMUM
REËN VIR 30 DAE-
PERIODE NA-
PLANT (MM)
TOTALE REËNVAL
VIR 30 DAE-
PERIODE NA-
PLANT (MM)
SEISOENALE
REËNVAL VIR
132 DAE-PERIODE
NA-PLANT (MM)
1997/1998
6
32
32
127
359
1998/1999
2
53
123
170
390
1999/2000
16
17
19
72
530
TABEL 1: REËNVALVERSPREIDINGSVERSKILLE TUSSEN SEISOENE.
Bron: LNR-IGG, Navorsingsverslag, 2000