

FOKUS
Bemesting
Spesiale
Die beste en goedkoopste manier om pH-vlakke in die grondoplos-
sing reg te stel, bly steeds bekalking met ‘n goeie kwaliteit kalk.
Die regstelling van die pH nader aan ‘n neutrale pH-vlak veroorsaak
dat voedingstowwe wat verhinder is om opgeneem te word, weer
beskikbaar word in die grondoplossing vir opname deur die plante.
Die vasstelling van die hoeveelheid kalk en tipe kalk benodig, word
gedoen met ‘n grondchemiese analise van die beskikbare plant-
voedingstowwe in die grondoplossing.
Daar is egter ‘n paar faktore waarvan die produsent bewus moet
wees om ‘n doeltreffende kalkbron te kies om die pH tot aanvaarbare
vlakke te herstel.
Indien die magnesiumvlakke te laag is, word ‘n dolomitiese kalk
aanbeveel en ‘n kalsitiese kalk wanneer die magnesiumvlakke vol-
doende is.
Die belangrikste van die faktore is verseker die reaktiwiteit van
die kalk, want indien die kalk nie vinnig en effektief in die grond
reageer nie, is dit nie die moeite en koste werd om dit toe te dien
nie. Die faktore wat die kalkreaktiwiteit bepaal, is die chemiese
suiwerheid, fynheid, samestelling en die hardheid van die kalk wat
aangeskaf word.
Chemiese suiwerheid dui op die totale kalsium- en magnesiumkar-
bonaatinhoud van die kalk, asook die kalsiumkarbonaatekwivalent
(KKE)(HCl)-waarde, wat die totale neutralisasiepotensiaal van die
kalk is. Die fynheid van die kalk wat deur Wet 36 van 1947 vereis
word, is dat die kalk omtrent alles deur ‘n 1,7 mm-sif moet kan gaan
en ten minste 50% daarvan deur ‘n 0,25 mm-sif moet kan gaan.
Die kleiner as 0,25 mm-gedeelte is dié deel wat eintlik effektief en
vinnig met die grond reageer om ‘n verhoging in die pH-waarde
mee te bring. Die KKE(hars)-waarde is ‘n funksie van die fynheid van
die kalk en die chemiese neutralisasiepotensiaal van die kalk. Dit
wil sê dat die KKE(hars)-waarde die naaste betekenisvolle aandui-
ding is van hoe die kalk in ‘n grondoplossings sal reageer om ‘n
positiewe bydrae te lewer.
Kalk kan gesien word as ‘n verwante kunsmisbron wat kalsium
en/of magnesium toevoeg tot die grondoplossing en terselfdertyd
Bestuur grondvrugbaarheid só
K + S Kali GmbH
THE AUTHORITY IN POTASSIUM AND MAGNESIUM
Represented in South Africa by:
Industrial Commodities Holdings (Pty) Ltd
Producers of :
Muriate of Potash (KCL) SOLUMOP and Granular (K-50%)
Sulphate of Potash (K2SO4) Water Soluble and Granular (K-42% / S-18%)
Patentkali ( Magnesium sulphate +K2SO4) Granular (K-25% / Mg-6% / S-17%)
Kieserite (Magnesium Sulphate) Granular (Mg-15% / S-20%)
EpsoTop (Magnesium Sulphate) Water Soluble (Mg-10%, S-13%)
orn-Kali (Magnesium sulphate +KCL) Granular
K-33% / Mg-3.6% / S-5%)
•
•
•
•
•
K
(
•
Ground Floor, ICH House,
57 Eastwood Road,
Cnr Oxford Road,
Dunkeld, Johannesburg
www.ich.co.zaTel: +27 (0) 11 8805200
Fax: +27 (0) 11 8806354
Pieter Henning
Tel : 079 109 8437
e-mail:
pieterh@ich.co.za