

25
July 2016
1: Adam Mostert saam met drie van die sprekers by die kongres:
Prof Martin Fey, dr Augustine Langyintuo en Jan Vermaak.
Foto: Hans Lombard
2: Al hoe meer vroue speel ‘n belangrike rol in die kunsmisbedryf. Op
die foto is ‘n paar van dié wat die kongres bygewoon het: Marie Leroy
(globale sleutelbestuurder: Tessenderlo-groep, Brussels, België),
Hantie Gunter (bemarkingslandboukundige: AgriLibrium), Tarina du Toit
(bemarkingslandboukundige: AgriLibrium), Ronell Jacobs (All Size Pack-
aging) en Amanda Maphumulo (landbouingenieur: Maphumulo Mwadla
Farming and Consulting, KwaZulu-Natal).
Foto: Hans Lombard
3: Martin Devon (USAID Kunsmis, Wes-Afrika, Ghana), Rictor Magenga
(ZFC, Zimbabwe), Petros Maphulaulo (Richardsbaai) en Jean Hounnande
(DPA Nywerhede, Bamako, Mali).
Foto: Hans Lombard
4: Henk le Roux (senior bestuurder: NWK en direkteur: Fertasa),
Mark Hawksworth (Sasol Kunsmis en direkteur: Fertasa),
Lucky Mamanyuha (Limpopo Landbou), prof Jude Odhiambo,
Humbulani Nemakudani en prof JB Ochando Ogola (al drie van die Universiteit van Venda).
Foto: Hans Lombard
5: Prof Robin Barnard, links, het ‘n erelidmaatskapstoekenning van Fertasa ontvang. Jaco Raath (visepresident: Fertasa), regs, het die toekenning aan
hom oorhandig. In die middel is Rodney Cloete (kunsmis- en graanhandelaar van Ameropa – borg van die toekenning). Prof Barnard is ook aangestel as
tegniese adviseur van Fertasa. Hy was 40 jaar lank verbonde aan die Universiteit van Pretoria as professor in grondkunde en 16 jaar lank betrokke by
die LNR.
Foto: Hans Lombard
6: Fertasa het Hans Lombard (Hans Lombard Skakelkonsultante), links, met sy 90ste verjaarsdag met ‘n goue medalje vereer vir sy bydrae tot die
landbou oor meer as 40 jaar. Jaco Raath, regs, het die medalje oorhandig. In die middel is Rodney Cloete – wat ook die toekenning geborg het.
Foto: Henri Minnaar
7: Lede van Fertasa se publikasiekomitee wat vir die agtste hersiene
Bemestingshandleiding
verantwoordelik was, het hul eindproduk by die jaar-
kongres bekend gestel: Adam Mostert, dr Pieter Haumann (direkteur, Fertasa), Frans Joubert (kursusleier: Bemestingsadviseur sertifisering-en-
opleidingskema [BASOS]), dr Arrie Janse van Vuuren (grondkundige konsultant), dr Erik Adriaanse (produkontwikkeling- en tegniese bestuurder:
Sasol) en Handro Swart (landboukundige konsultant).
Foto: Hans Lombard
8: Handro Swart (regs) oorhandig ‘n eksemplaar van Fertasa se
Bemestingshandleiding
aan Jaco Raath. Die handleiding beslaan 471 bladsye en is
deur ‘n publikasiekomitee van deskundiges in die misstofbedryf saamgestel. Dit is ’n waardevolle inligtingsbron vir landboukundiges, produsente en
enigiemand wat by die misstofbedryf betrokke is. Daarby word dit voorgeskryf vir studente by landboukolleges, technikons en landboufakulteite by
universiteite. Die handleiding sal teen die einde van Julie 2016 vir verspreiding gereed wees. Handleidings is in Afrikaans en Engels beskikbaar teen
R750 elk (posgeld en verpakking ingesluit). Kontak Hermien Wouda by 012 349 1450 of
hermien@fertasa.co.zavir navrae oor die handleiding.
Foto: Hans Lombard
3
6
7
8
4
5
2
1