Background Image
Previous Page  66 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 92 Next Page
Page Background

Suid-Afrika hierdie jaar ‘n netto

invoerder van mielies:

Van waar kan ons potensieel witmielies invoer?

d

ie skrif is teen die muur dat Suid-Afrika hierdie jaar ‘n

netto invoerder van graan gaan wees ná ‘n ernstige

droogte in talle mielieproduserende gebiede van die

land. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK)

se vierde produksieskatting sal die totale mielie-oes na

verwagting ongeveer 9,8 miljoen ton wees.

Dit is ongeveer 32% laer as die vorige jaar se oes. Hoewel die impak

van die droogte wydverspreid was, is die sentrale en westelike ge-

deeltes van die land, waar die meeste van Suid-Afrika se witmielies

geproduseer word, die sterkste geraak.

Onlangse projeksies deur Graan SA toon dat Suid-Afrika moontlik

ongeveer 727 000 ton mielies vir die 2015/2016-bemarkingsjaar sal

moet invoer, waarvan 677 000 ton na verwagting geelmielies en

50 000 ton witmielies sal wees.

Invoerperspektief: Van waar kan Suid-

Afrika moontlik witmielies invoer?

Suid-Afrika het laas in die 2007/2008-bemarkingsjaar ‘n bedui-

dende hoeveelheid mielies ingevoer. Daardie jaar was die invoere

ongeveer 1,1 miljoen ton, waarvan 1,07 miljoen ton geelmielies en

die res witmielies was. Hierdie jaar se invoerprojeksie is 35% laer

as die volumes wat in 2007/2008 ingevoer is. Ongeveer 62 560 ton

geelmielies van die verwagte invoervolumes is reeds sedert Mei

2015 ingevoer. Tot dusver is 67 ton se witmielies ook van Zambië af

ingevoer.

Daar is ook groot voorrade geelmielies in die wêreldmark, maar as

gevolg van GMO-registrasies kan Suid-Afrika slegs uit sekere lande,

soos die Suid-Amerikaanse en Swartsee-lande invoer (ongeregi-

streerde of niegoedgekeurde gene kan nie ingevoer word nie).

Die g weldige plaaslike gewasverli se kom meestal in die wit-

mielie-produksiegebiede voor, maar Suid-Afrika sal dalk nie baie

witmielies hoef in te voer nie, aangesien die plaaslike witmieliebe-

hoeftes na verwagting grootliks deur plaaslike voorraad voorsien

kan word. In gevalle waar Suid-Afrika witmielies sal moet invoer,

kan moontlike invoere uit Zambië, Mexiko, die VSA en Malawi kom,

aangesien dit die enigste toonaangewende witmielieprodusente ter

wêreld is.

Zambië

Onder hierdie lande is Zambië waarskynlik die land wat aan Suid-

Afrika die verwagte 50 000 ton witmielie invoere sal kan verskaf.

Hoewel ‘n jaar-tot-jaar-oesverlaging van 21% as gevolg van onguns-

tige klimaatsomstandighede in Zambië kan voorkom, is daar nog

groot voorrade uit die vorige seisoen beskikbaar.

Volgens die 2015/2016 Zambiese nasionale voedselbalansstaat is

die land se 2014/2015-mielieproduksie op 2,6 miljoen ton geskat.

Daar was ongeveer 876 768 ton mielies vir die uitvoermark beskik-

baar. Op 11 Junie 2015 was die landingsprys vanaf Lusaka tot in

Randfontein ongeveer R3 500/ton, wat ongeveer 23% hoër is as die

Safex-prys van R2 845/ton.

Malawi

Ongunstige klimaatstoestande is ook in Malawi aangemeld en dié

land kan dus moontlik nie beduidende mielie-uitvoervolumes be-

skikbaar hê nie.

WANDILE SIHLOBO,

ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 17 Junie 2015

Julie 2015

64

OP PLAASVLAK

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie