Background Image
Previous Page  64 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 92 Next Page
Page Background

Julie 2015

62

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Die gevolg is dat die aanbevelings nie deur die produsent uitgevoer

kan word nie. Om dié rede sal produsente net gedeeltes van die

aanbevelings implementeer en dit lei gewoonlik iewers tot proble-

me. Soms moet daar oorgespuit word of die grondsuurheid word

nie reggestel nie, of vele ander moontlike probleme, maar produksie

is nie optimaal nie.

Deel al die inligting met die verteenwoordigers en kry hulle almal

gelyk saam om die tafel en só sal baie beter planne beraam kan word

en prioriteite aangespreek kan word.

Kultivarkeuse

By die kultivarkeuse kom daar ook baie probleme voor. Produsente

neem soms ‘n besluit net op een jaar se kultivarproduksie-inligting.

Die fout hiermee is egter dat in een jaar se data, die stabiliteit van die

kultivars nie getoon word nie.

Vanjaar het die onstabiliteit van kultivars die produsente onkant

gevang. Dit was veral by sojabone opmerklik die geval. Die belang-

rikheid van onafhanklike, meerjarige, getoetste produksiedata, soos

deur die LNR gedoen, kan nie genoeg beklemtoon word nie. As

kultivars nie lang termyn op die plaas getoets is nie, kan dit in ‘n

swaar jaar die opbrengs baie benadeel.

Die plant van ‘n pakket van kultivars kan nie genoeg beklemtoon

word nie. Vanjaar het die kultivar en plantdatum ‘n reuse-rol gespeel,

of daar ‘n oes is of nie. ‘n Pakket van kultivars dek ‘n bietjie risiko af.

Maak seker dat die kultivar volgens sy plantestandvereistes geplant

word. Sommige kultivars kan nie in hoë plantestande presteer nie.

Praat met die verteenwoordiger en landboukundige om hierdie pro-

bleem aan te spreek.

Vogbestuur en wisselbou

Vog kan nie gekoop word nie, maak dus seker dat die reën wat val,

wel omgesit word in graan en nie afloop en wegloop nie. Kyk na

die bedekking van die grond wat waterafloop beperk en winderosie

keer. Hou die kontoere in stand en maak die gebreektes reg en as

daar probleme is, maak dit ook reg.

Wisselbou en die voordele daarvan, word nog onderskat. Nie net

is die opbrengste beter nie, maar siekte- en onkruidbeheer kan ook

beter wees.

Maak seker dat die wisselbouprogram by die vorige onkruiddoders

inpas en dat die onkruiddoders so gekies word dat daar in die

toekoms wisselbou toegepas kan word.

Onkruid- en plaagbeheer

Om in vuil lande te plant, is ‘n kritieke fout. Baie onkruidbeheerpro-

gramme het verlede jaar om verskeie redes gefaal. Of dit nou die

effek van die spuit was, of dat die dosis verkeerd toegedien is, of

wat die probleem ook al was, dit het die opbrengste benadeel.

Onkruid- of plaagdoder moet soos voorgeskryf hanteer word. Pas-

op vir verkeerde menginstruksies of watergehalteprobleme: Dit het

‘n reuse-invloed op die werking van die middels.

Dit is vanjaar weer bewys dat Roundup dié gewasse wat nie daar-

teen bestand is nie, dood maak. Maak seker dat daar rekords is oor

watter kultivars waar geplant is en dat die regte bestuurspraktyk op

elke land toegepas word.

Mieliestamrusper veroorsaak baie skade. Maak seker wanneer ge-

spuit moet word en gaan soek die klein wurmpies voor hulle begin

skade maak. ‘n Voorkomende bespuiting kan baie goeie resultate tot

gevolg hê.

Die effek van grondsiektes, veral aalwurms en ander, word onder-

skat. Gaan kyk en laat kyk hoekom die gewasse omval of dalk nie

groei nie.

Tydige beheer van veral grondoordraagbare siektes en aalwurm, kan

‘n positiewe effek op opbrengs hê. Pasop ook vir grondinsekte wat

die jong saailinge beskadig.

Die afgelope seisoen

in retrospeksie

2: ‘n Doodhouertjie.

3: Luise.

2

3