Background Image
Previous Page  65 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 92 Next Page
Page Background

63

July 2015

Dit is belangrik om die onkruiddoder by die kleipersentasie van die

land aan te pas. Die kleipersentasie kan veroorsaak dat die dosis

toegedien, die plantestand kan benadeel. Maak ook seker of die

onkruiddoder nie dalk met valarms gespuit moet word waar die

gewas te oud is nie.

Meganisasie

Tydigheid is altyd ‘n probleem. As die reën laat kom, is daar net te

veel werk vir te min ysters. Die gevolg is dat aksies agter raak of

half gedoen word.

Maak seker dat die implemente wat gebruik word, reg gestel is,

skoongemaak is en instandhouding op datum is, voor daar met die

werk begin moet word. Let veral op die spuite en spuitpunte. ‘n Voor-

kombare breek in kritieke tye kos baie geld en is onaanvaarbaar.

Die verlies in opbrengste as gevolg van onkruid en swak plante-

stand, regverdig die aanhou van nog ‘n bystandplanter en nog ‘n

bystandspuit.

Planters wat te vinnig plant en die pitplasing nie reg doen nie,

het tot gevolg dat plantestand nie reg is nie en dit verlaag die op-

brengs. Plant eerder stadiger, maar beperk die staantyd van die

planter op die wenakkers om beter resultate te verkry.

Maak seker dat die planter se rywydtes en dié van veral die

stropertafels ooreenkom. Soms is veral die lasrye te nou of die rye

kan net 2 cm uit wees, wat tot gevolg het dat baie vermorsing tydens

stroop plaasvind.

Bemesting

Produsente verstaan in baie gevalle nie hoe die insette wat hul

aanwend, bestuur moet word nie. Ureum gebaseerde planter-

mengsels is ‘n goeie voorbeeld. Veral in koue omstandighede kan

die omskakelingsproses na ammonium en nitrate langer as gewoon-

lik neem.

Bestuur hierdie probleem aktief en maak planne om die tekortko-

minge van produkte reg te stel. Sojaboonentstof moet ook korrek

bestuur word om goeie enting te verkry. Blootstelling aan die son, té

droë grond en ander probleme is baie nadelig vir die entstof.

Maak seker dat die kunsmisplasing van die planter reg gestel

is. Kunsmis té na aan die pit veroorsaak dat die saailinge brand

en doodgaan.

Maak ook seker dat die hoeveelheid kunsmis wat toegedien word

binne die aanbevelings en norme bly. In sommige lande, veral in

die oostelike Hoëveld, kon die effek van té min of verkeerde bemes-

ting waargeneem word. Fosfaat- en kaliumtekorte op veral die soja-

bone is waargeneem.

Plant

Veral in die ooste gee produsente te min aandag aan die grond-

temperatuur tydens plant. Maak seker dat die grondtemperatuur

binne die norme is voor daar geplant word.

Wat die plantdiepte betref, is daar ook baie werk gedoen. Pasop

om té vlak te plant, praat met die verteenwoordiger om die regte

plantdiepte te verkry of oor wanneer daar gerol moet word.

Oes

Tydigheid met die oes van die gewasse is soos altyd ‘n probleem

en ‘n groot gedeelte van die oes gaan verlore. Baie sojabone word

té laat gestroop en van die ander gewasse word erg deur voëls

beskadig. Stroop eerder ‘n bietjie té nat en laat dit droog tot op

die vereiste vlakke as om baie oesverlies te dra.

Die produsent se voetspore in die land verseker ‘n goeie oes. Op dié

manier kan probleme vroeg raakgesien en reggestel word. Moet ook

nie vergeet om die verteenwoordigers saam te nooi land toe nie.

Baie van hulle sal ander foute raaksien wat ook reggestel kan word.

‘n Studiegroep is ‘n goeie plek om nuwe inligting by te kry. Praat met

jou medelede en begin ‘n groep om jou eie prestasie teen te meet.

As daar enige verdere vrae is of as jy só ‘n vergelykingsgroep wil

begin, kontak gerus vir Pietman Botha by 082 759 2991 vir hulp.

4: Grasdoder + koue = plantskade.

5: Kunsmisbrand (100 kg MAP).

6: Kunsmisbrand.

7: Weerligskade op sonneblom.

8: Swak bestuiwing.

4

5

6

7

8