Background Image
Previous Page  63 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 92 Next Page
Page Background

Die afgelope seisoen

in retrospeksie

D

ie 2014/2015-produksiejaar is afgehandel. Niks kan meer

aan die produksie verander word nie, maar dit is belangrik

dat elke produsent terugkyk om probleme wat gemaak is,

te identifiseer sodat dit in die toekoms reggestel kan word.

Met behulp van ‘n opname by verskeie verteenwoordigers asook

landboukundiges regoor die somersaaiproduksiegebied, is ‘n lys

van algemene produksieprobleme opgestel.

In ‘n produksiejaar waar “té” vooraan geskryf word (té min reën,

té veel reën), sal die effek van foute vergroot word. Dit is dus baie

belangrik om aktief te gaan soek hoekom die produksie gefaal het.

Tussen buurmanne is daar opbrengsverskille. Hoekom is dit so?

Is dit regtig net die reën? Dit wys net weer eens hoe belangrik dit

vir produsente moet wees om te weet hoekom hul opbrengste laer

as hul buurman of omgewing s’n was. Nog belangriker as om bloot

net te weet, is om iets aan die saak te doen.

Hulpbronne

Die hulpbronbestuursprobleme kan maklik saamgevat word in

kennis van die plaas. Elke plaas is uniek. Die fisiese eienskappe

van elke grondsoort op die plaas moet die bestuur en aanwending

daarvan bepaal.

Die inherente eienskap asook die gemiddelde reënval en vog in die

grond, gee ‘n goeie aanduiding wat die produksiepotensiaal be-

hoort te wees. Hierdie kennis is belangrik om te kan besluit waar

om watter gewas te verbou en hoe die gewas bestuur moet word.

Hierdie fisiese eienskappe van die grond kan nie verander nie,

maar vog moet optimaal opgegaar word en die grond se voeding-

status moet deur produsente reg bestuur word.

Die effek van grondverdigting en ploegblaaie is vanjaar weer mooi

uitgewys. ‘n Profielgat is nie ‘n luukse nie: Dit is ‘n noodsaaklikheid.

Profielgatondersoeke sal die verdigtings en ploegblaaie uitwys en

die noodsaaklike bewerkings wat gedoen moet word, aantoon.

Baie koste kan hierdeur bespaar word en risiko van vogverlies kan

ook hier beperk word. Moenie té rigied met die bewerking wees nie,

soms moet dit verander word om by die omstandighede te pas.

Grond pH of grondsuurheidprobleme het ook vanjaar, soos in die

verlede, ‘n baie groot gedeelte van die moontlike oes gesteel. Waar

die grond pH reg was, kon beter oeste geproduseer word as by

gronde waar die pH buite die norm was.

Al was die bemesting voldoende, het die plante in die lae pH en hoë

suurversadigde gronde nie presteer nie. Swak wortelontwikkeling is

hier waargeneem en met ‘n droogte is dit fataal.

Gesels met jou verteenwoordiger

In baie opsigte is die verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat

produksieaanbevelings maak, deel van die boerdery se bestuurspan.

Baie keer moet die verteenwoordiger ‘n aanbeveling maak, maar

weet nie regtig hoeveel fondse vir produksie beskikbaar is nie of wat

die produksierigting gaan wees nie.

61

July 2015

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Produksieprobleme / Somersaaiproduksiegebied

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

1: ‘n

Astyllus

-larwe.

1