Graangids 2014 - page 87

MONSANTO
Rapporteer swak kunsmiskwaliteit
Waar probleme met kunsmiskwaliteit vermoed
of ondervind word, moet die volgende stappe
gevolg word:
Kontak so gou as moontlik die kunsmis-
verteenwoordiger van wie die kunsmis
aangekoop is en dring op ‘n ter plaatse
ondersoek aan – hou ook boek van datums
en gesprekke.
• Versamel en stel soveel moontlik inligting op
skrif, neem foto’s of maak video-opnames
om later na terug te verwys.
Daarna moet die volgende stappe oorweeg
word indien die probleem nie opgelos is nie
(moenie te lank wag nie):
• Tree in verbinding met ‘n onafhanklike
wetenskaplike om ‘n ter plaatse ondersoek te
doen; en
• Stel Graan SA in kennis indien die aandag en
oplossings vir die betrokke probleme nie by
die kunsmismaatskappy verkry kan word nie.
Kunsmismonsters om kunsmiskwaliteit te toets,
kan deur die LNR-IGG in samewerking met die
kunsmismaatskappy geneem word. Produsente
kan in dié verband vir Graan SA, die Misstofver-
eniging van Suid-Afrika of die LNR-IGG direk
kontak vir die neem en ontleding van monsters
om die kwaliteit daarvan te toets.
In die geval waar ‘n produsent steeds vermoed
dat daar probleme met die kunsmis is wat hy
gekoop het nadat die saak met die kunsmis-
maatskappy opgeneem is, kan hy Graan SA
skakel of ‘n klagte direk by die Registrateur van
Wet 36 van 1947 aanhangig maak.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,
Graan SA
2014
79
G
RAANGIDS
1...,77,78,79,80,81,82,83,84,85,86 88,89,90,91,92,93,94,95,96,97,...174
Powered by FlippingBook