Graangids 2014 - page 95

METSON
Kontakbesonderhede vir vinke
John Tladi
Adjunk-direkteur: Migrerende Plae
Tel: 012 309 5743
Sel: 082 457 3741
Khuliso Gangashe
Waarnemende assistent-direkteur
Tel: 012 309 5823
Sel: 072 231 2192
Kontakbesonderhede vir sprinkane
Kontakbesonderhede vir kommandowurms
Gert Greyvenstein
Migrerende Plaagbeampte: De Aar
Sel: 082 451 4860
Colin Burke
Tel: 012 309 5826
Sel: 082 451 4861
Luka Geertsema
Tel: 012 309 5824
Sel: 082 457 3742
John Tladi
Adjunk-direkteur: Migrerende Plae
Tel: 012 309 5743
Sel: 082 457 3741
Die Wet op Landbouplae (Wet Nr. 36 van
1983) verklaar rooibekvinke en sprinkane as ‘n
plaag. Die Departement van Landbou, Bosbou
en Visserye is verantwoordelik vir die beheer
daarvan.
Prosedures om rooibekvinke aan te meld
Voordat ‘n amptenaar van die departement
‘n fisiese inspeksie sal kom doen, moet die
volgende prosedures/stappe deur ‘n klaer
gevolg word:
a. Die korrekte slaap- of broeiplek van die
betrokke swerm vinke wat skade aanrig,
moet korrek geïdentifiseer word. Die area
kan alleenlik vroeg in die aand geïdentifiseer
word, aangesien die vinke nie deur die dag
by hulle onderskeie slaapplekke sal wees nie.
Broeiswerms sal wel neste hê en dit kan deur
die dag gebruik word as identifikasie van die
broeiplek.
b. Indien die geïdentifiseerde area nie die
eiendom van die klaer is nie, moet die klaer
toestemming vir die betreding en moontlike
beheeraksie vanaf die betrokke grondeienaar
verkry.
Die klaer kontak een van die hulpbron-
bewaringsinspekteurs (sien onderstaande
kontaknommers) met die bogenoemde inligting
en meld die rooibekvinke aan, waarna ‘n
afspraak dan gereël word om saam met die
klaer ‘n inspeksie by die betrokke slaap- of
broeiplek te doen.
Los probleme met landbouchemikalieë gou op
Wanneer probleme met die kwaliteit van
landbouchemikalieë vermoed of ondervind
word, moet die volgende stappe gevolg word:
• Kontak so gou as moontlik die
verteenwoordiger van wie die
landbouchemikalieëproduk aangekoop is en
dring op ‘n ter plaatse ondersoek aan. Hou
ook rekord van datums en gesprekke.
• Versamel en stel soveel moontlik inligting op
skrif, neem foto’s of maak video-opnames
om later na terug te verwys.
Daarna moet die volgende stappe oorweeg
word indien die probleem nie opgelos is nie:
(Moenie te lank hiermee wag nie.)
Tree in verbinding met ‘n onafhanklike weten-
skaplike om ‘n ter plaatse ondersoek te doen.
• Stel Graan SA in kennis indien die chemiese
maatskappy nie die nodige aandag en
oplossings vir die betrokke probleme kan
verskaf nie.
Hoe gemaak met rooibekvinke (kweleas), sprinkane
en kommandowurms?
2014
85
G
RAANGIDS
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA
1...,85,86,87,88,89,90,91,92,93,94 96,97,98,99,100,101,102,103,104,105,...174
Powered by FlippingBook