Graangids 2014 - page 80

Die vraag of mikro-elemente noodsaaklik is vir mieliever-
bouing in Suid-Afrika, is reeds oor en oor beantwoord en
daar is weinig vooraanstaande produsente wat nie jaarliks
mikro-elemente toedien nie. Die vraag is egter watter manier
van toediening die beste resultaat lewer.
Statistiese mielieproewe die afgelope seisoen gedoen deur
mnr Burrie Erasmus van The South African Breweries Mal-
tings (SABM), het weer eens gewys dat die toediening van
mikro-elemente in die ry, noodsaaklik is vir optimale op-
brengs.
Erasmus, wat reeds 27 jaar in diens by SABM is, is voort-
durend op soek na nuwe maniere om die opbrengs van mie-
lies en gars te optimaliseer. Ná vele produsente uitstekende
resultate met betrekking tot Zinchem se Multimikro behaal
het, het Erasmus die totale 1 010 ha onder sy bestuur, met
Zinchem se graangewas-grondtoedienings Multimikro be-
handel. Die produk is teen 3 kg/ha in die ry met ‘n toediener
wat op die planter monteer is, toegedien. Geen verdere mik-
ro-elemente is toegedien nie. Tabel 1 dui die verskil in op-
brengs asook die verhoogde wins/ha teen ‘n mielieprys van
R1 950/ton aan wat met die statistiese mielieproef behaal is.
Die kontrole het geen mikro-elemente ontvang nie.
Elemente soos sink (Zn), mangaan (Mn), koper (Cu) en
yster (Fe) beweeg baie moeilik in die grond en daarom is
dit noodsaaklik om hierdie elemente by ‘n rygewas in die
ry te plaas, sodat dit optimaal opgeneem kan word. Toedie-
ning van mikro-elemente met behulp van ‘n ry-plasingstoe-
diener (
applicator
) is soveel meer effektief as breedwerpige
toediening. Die plant het vanaf dag een ‘n hoë konsentrasie
mikro-elemente by die eerste wortels beskikbaar. 0,5% sink
word dikwels saam met kunsmis-plantmengsels in die ry
toegedien, maar is van min waarde aangesien die sinkbron
gewoonlik uit sink-as of sinkoksied bestaan. Hierdie is van
die onoplosbaarste vorms van sink beskikbaar.
Zinchem se Multimikro bevat egter sinksulfaat, wat 100%
oplosbaar is en dadelik vir die plant beskikbaar is. Verder
bevat die Zinchem se Multimikro ook Mn, Cu, Fe en B.
Blaartoediening van mikro-elemente is ook redelik effek-
tief, maar ‘n mielieplant se behoefte aan hierdie voedingsele-
mente kan onmoontlik op hierdie manier ten volle bevredig
word, tensy weekliks bespuit word, wat weer nie ekono-
mies geregverdig kan word nie. SABM maak gebruik van
twee planters om die 1 010 ha mielies te plant, waarvoor die
koste om dit toe te rus met toedieners gebou deur Quantum
spuite, nagenoeg R11 000 per planter sou beloop. Indien aan-
vaar word dat die statistiese proef deur Erasmus gedoen, die
totale 1 010 ha verteenwoordig, het dit ‘n addisionele inkom-
ste van R1 280 609 teweeggebring.
In droëlandverbouing waar rye nog wyer is, maak ry-plasing van
mikroelemente nog meer sin en daar is ook heelwat proefresul-
tate hiervanbeskikbaar, waar tot 29% opbrengsverhogings by ‘n
studiegroep in vorige seisoene behaal is. Ry-plasing van mikro-
elemente behoort binne die volgende paar jaar ‘n standaardprak-
tyk in Suid-Afrika te word. Teen ‘n verhoogde inkomste van
R1 267,93/ha, sal ‘n produsent dus slegs 10 ha benodig om die
koste van so ‘n toediener binne een jaar te dek.
Navrae
Vir enige navrae oor Quantum spuite,
kontak 087 808 1825, 083 991 2342 of
of besoek die
webwerf by
Ry-plasing van mikro-elemente ʼn
moet vir die mielieprodusent
– Hennie Stander, besigheidseenheidsbestuurder, Zinchem
TABEL 2: GRONDTOEDIENING.
TABEL 1: OPSOMMING VAN OPBRENGS- EN FINAN-
SIËLE VOORDEEL BEHAAL DEUR MULTIMIKRO-TOE-
DIENING.
ton/ha
Kontrole
14,33
Multimikro
15,04
Verhoogde opbrengs/ha
0,71
Mielieprys/ton
R1 950
Koste van produk/ha
R120
Netto voordeel/ha
R1 267,93
250 liter grondtoediener
250 liter grondtoediener
John Deere
600 liter grondtoediener
Beskrywing
Eenheidsprys Beskrywing
Eenheidsprys Beskrywing
Eenheidsprys
Grondtoediener 1- tot 10-ry
(plantvoeding)
R6 188,95
Grondtoediener 1- tot
10-ry (plantvoeding)
R6 188,95
Grondtoediener 1- tot 10-ry
(plantvoeding)
R6 188,95
Tenk – 250 liter
(horisontaal/rond)
R964,90
250 liter-staander vir
8-ry en 6-ry John Deere
R2 035,00
Tenk – 600 liter met staander
en band vir disselboom
R3 520,00
250 liter-staander vir balk
met bande
R2 035,00
Installasiefooi
R2 412,27
Installasiefooi
R2 412,27
Installasiefooi
R2 412.27
Reis per kilometer
R5,74/km Reis per kilometer
R5,74/km Reis per kilometer
R5,74/km
*** Pryse sluit BTW uit ***
G
RAANGIDS
2014
72
ZINCHEM
1...,70,71,72,73,74,75,76,77,78,79 81,82,83,84,85,86,87,88,89,90,...174
Powered by FlippingBook