Belangrike makro-elemente in grond
Verwydering is deur totale plant, ingeslote die saad of vrug
Gewas
N
(kg)
P
(kg)
K
(kg)
Produksie van 1 ton mielies
27
4,5
20
Produksie van 1 ton koring
27
4,8
13
Produksie van 1 ton sonneblomsaad
67
7,1
96
Produksie van 1 ton ongedopte grondbone
70
5,2
43
Produksie van 1 ton sojaboonsaad
210
23,0
73
Produksie van 1 ton tamatievrugte
6
3,0
8
Ander makro-elemente
Kalsium (Ca) en Magnesium (Mg)
Bekalking van suurgronde is ‘n noodsaaklike
praktyk vir die instandhouding van
grondvrugbaarheid en -produktiwiteit.
Gronde onder bewerking is geneig om te
versuur en die versuringstempo word versnel
deur bemesting met ammoniumbevattende
stikstofbronne. Navorsing wat deur die MVSA
op sandleemgronde van die Avalon- en
Hutton-families op die Hoëveld gedoen is, dui
op ‘n gemiddelde minimum aanvaarbare pH
(KCI)-vlak van 4,5 en ‘n maksimum aanvaarbare
persentasie suurversadiging van 10 - 15.
In proewe wat op die Mpumalanga Hoëveld
uitgevoer is, is gevind dat ‘n toediening van ten
minste 1 ton landboukalk per hektaar per jaar
nodig is vir instandhouding van optimum pH-
en suurversadigingspeile. Magnesiumvlakke in
gronde moet liefs nie laer as 50 mg kg
-1
daal
nie. Indien magnesiumvlakke laer as dít daal,
moet dolomitiese kalk toegedien word.
Swael (S)
Swael is ‘n noodsaaklike makro-element en dus
net so belangrik in plantvoeding as die ander
makro-elemente. Die tekortsimptome is ‘n geel
verkleuring van die hele plant wat dikwels eerste
by die nuwe groei sigbaar raak. Plante met ‘n
swaeltekort het dikwels ook dunner stamme en
‘n kleiner groeiwyse.
Swaeltoediening deur middel van kunsmis
het in die afgelope jare baie afgeneem, veral
met die toenemende gebruik van hoërgraad
kunsmismengsels, wat min of geen swael bevat
nie. Tesame hiermee het die Suid-Afrikaanse
mieliegronde oor die algemeen ‘n lae swaelle-
weringsvermoë. Hierdie lae swaelleweringsver-
moë is onder meer te wyte aan ‘n lae organiese
materiaalinhoud, lae pH en lae kleipersentasie.
Die beperking op swaeldioksied industriële
emissies dra ook by tot ‘n totale afname van
indirekte swaelvoorsiening (as ‘n bestanddeel
van kunsmis en deponering van SO
2
). Presies
hoeveel is egter nie bekend nie. ‘n 1993-onder-
soek deur die Waternavorsingskommissie het
aan die lig gebring dat sulfaatdeponering in die
Vaaldam-opvangsgebied binne die bereik van
10 kg - 23 kg S ha
-1
jr
-1
val.
Swaeltoedienings (4 kg S ha
-1
onderhoud per
ton graan) kan oorweeg word waar aandui-
dings uit blaaranalises en/of grondontleding
op moontlike tekorte dui.
Vervolg op bl. 70
2014
69
G
RAANGIDS