Mikro-elemente
Sink (Zn)
Gedurende die laat sestigerjare het sink baie
op die voorgrond getree nadat sinktekorte
vry-algemeen op jong mielies geïdentifiseer
is. Hierdie sinktekorte was veral prominent
waar hoë konsentrasies kunsmis naby die saad
geplaas is of waar die grond onlangs bekalk
en koel betrokke temperature ondervind is.
Die sinkprobleem het egter met die koms van
sinkbevattende mengsels grootliks verdwyn en
sinkreserwes is in baie gronde tot onnodige hoë
peile verhoog.
As ‘n algemene reël kan gestel word dat
sinkbemesting by mielies onnodig is indien
die ontleding van sink in die grond meer as
1,5 mg - 2 mg Zn kg
-1
aantoon.
Boor (B)
Positiewe opbrengsreaksies op boorbemesting
is in proewe verkry waar boorkonsentrasies
in mielieblare tydens blomtyd laer as
8 mg - 10 mg kg
-1
gedaal het (GCJ Kruger,
Sasol Kunsmis; persoonlike mededeling).
Hierdie reaksies is hoofsaaklik op ligte tekstuur-
gronde in die Oos-Vrystaat en die Mpumalanga
Hoëveld verkry, waar blaarontledings die vorige
seisoen ‘n moontlike boortekort aangedui het.
Waar boortekorte verwag word of positief
geïdentifiseer is (byvoorbeeld deur middel van
blaarontleding), kan dit met ‘n toediening van
0,5 kg - 2 kg B ha
-1
reggestel word.
Dit moet verkieslik in ‘n wateroplosbare vorm
vóór planttyd toegedien word.
Molibdeen (Mo)
In die laat sestigerjare was molibdeentekorte
‘n algemene verskynsel op jong mielies wat
op suurgronde aangeplant is. Met die koms van
molibdeenbehandelde saad het die probleem
egter baie verminder. Molibdeentekorte word
met sterk suurgronde geassosieer en molib-
deen word weer beskikbaar gestel as die
grond behoorlik bekalk word.
Belangrike makro-elemente in grond
Vervolg van bl. 69
G
RAANGIDS
2014
70