Graangids 2014 - page 86

Bandplasing van kunsmis
Grondoppervlakte
5 cm - 7 cm langs saad
kunsmis
5 cm - 7 cm onder saad
*
Tipe kunsmis sal
plasingstrategie bepaal
Planterkalibrering
Dit is ‘n taak wat jaarliks moet geskied om te verseker dat saadspasiëring en kunsmistoediening
volgens plan verloop.
Kalibrering van saadspasie
Vul ‘n saadbak met saad en teken dan ‘n reguit lyn van ten minste 20 m op ‘n harde oppervlak.
Die saad op die afgemete 20 m word dan weer bymekaargemaak en getel.
• Veronderstel die beplande plantbevolking benodig ‘n saadspasiëring van 37 cm in die rye. Dit
beteken dat die hoeveelheid saad in 20 m soos volg bereken word:
20 m x 100 = 2 000 cm ÷ 37 = 54 sade.
• Omgekeer, as 54 sade op die 20 m bymekaargemaak is, word die gemiddelde spasie soos volg
bereken: 20 m x 100 m = 2 000 ÷ 54 = 37 cm.
Kalibrering van kunsmisplasing
‘n Kunsmisstrooier word met die nodige
kunsmis gevul, waarna ‘n plastieksak aan die onderkant
van die toevoerpyp gebind word; die planter word dan in ‘n reguit lyn op ‘n harde oppervlak vir
presies 20 m getrek, waarna die kunsmis wat in die sak opgegaar is, geweeg word.
• Mielies word in 0,91 cm-rye geplant en die area wat in 20 m deur die planter gedek word, is
dus 20 m x 0,91 m = 18,2 m². Dít, as ‘n breukdeel van 1 ha, is 10 000 ÷ 18,2 = 549ste van ‘n
hektaar.
• ‘n Bemestingsyfer van 247 kg/ha word beplan. Dit beteken dat die kunsmis wat in 20 m geplaas
word, 247 000 g ÷ 549 = 450 g moet wees.
• Omgekeer, die kunsmis wat in 20 m geplaas is, het 450 g geweeg. Dit beteken die volgende:
549 x 450 = 247 050 g/ha = 247 kg/ha.
Bron: ARC-GCI/LNR-IGG •
Korrekte planterkalibrering vir saad en kunsmis
G
RAANGIDS
2014
78
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92,93,94,95,96,...174
Powered by FlippingBook