MONSANTO
Stikstof (N)
•
Tekorte by jong plante gaan gewoonlik met ‘n
bleek liggeel-groen voorkoms gepaard.
• In ouer plante kom ‘n omgekeerde kenmer-
kende vergeelde V-vorm op die blare voor
(Figuur 1)
.
• Die kop toon ‘n kenmerkende pitlose skerp
punt
(Figuur 2)
.
Fosfaat (P)
•
Waar fosfaat baie laag in die grond is,
ontwikkel die blare en veral die rand van die
blaar ‘n kenmerkende pers kleur.
• Fosfaattekorte word meestal op jonger plante
waargeneem.
Kalium (K)
•
Kaliumtekorte word in volwasse plante deur
dun vergeelde rande van die blare aangedui.
Die rande sterf soms af.
• Kaliumtekort-simptome kom gewoonlik op die
onderste ouer blare voor.
• Pitte op die boonste deel van die kop word
swak gevul en lyk verkrimp.
Magnesium (Mg)
•
Magnesiumtekorte veroorsaak gewoonlik lig-
geel strepe op die onderste blare, wat later as
‘n krale-effek met ronde, dooie kolle vertoon.
• Magnesiumtekorte kom gewoonlik op suurder
gronde voor.
• ‘n Hoë kaliuminhoud van die grond kan ‘n
magnesiumtekort in die plant induseer, wat as
liggroen strepe op die blaar vertoon.
Swael (S)
•
‘n Swaeltekort vertoon gewoonlik as ligte
vergeling van die blare by jong plante
(Figuur 3)
.
Skrywers: AA Nel en W Deale, LNR-IGG,
Potchefstroom
Figuur 1:
Die kenmerkende
omgekeerde V-vorm op ’n
volwasse mielieblaar wat op
’n stikstoftekort dui.
Figuur 2:
Onvolledige vulling
van ’n mieliekop weens ’n
stikstoftekort.
Figuur 3:
Blaarvergeling
weens ’n swaeltekort by ’n
jong mielieplant.
Spoor makro-voedingselementtekorte by mielies op
Fotos: Gavins Ltd
G
RAANGIDS
2014
76