LNR-IGG
Toerusting binne die stoor
Sekere toerusting is binne die gebou nodig in
geval van stortings en nood. Vir stortings moet
‘n plastiekbesem en -skoppie sowel as ‘n sterk
plastieksak beskikbaar wees. ‘n Emmer met
ongeveer10 liter skoon sand moet beskikbaar
wees om oor stortings te gooi en so ook ‘n graaf
om die vuil sand weer op te tel.
Produkte moet op nie-absorberende rakke of
palette geberg word en nie direk op die sement-
vloer nie. Sementvloere is geneig om klam te
word.
Onkruiddoders met ‘n pienk-pers vierkant
op die etiket moet apart van ander produkte
geberg word. Die giftigste produkte (produkte
met ‘n rooi band op die etiket) moet in ‘n
afsonderlike fasiliteit in die stoor toegesluit word.
‘n Aparte vertrek sal ideaal wees, maar ‘n kas in
die stoor van nie-absorberende materiaal is ook
aanvaarbaar.
Produkte kan afwisselend gesorteer word vol-
gens giftigheid en of dit vlambaar/nie-vlambaar
is. Die noodnommers kan ook in die stoor
aangebring word.
Daar moet rekord van produkte gehou word en
dit is ‘n goeie idee om ‘n kopie daarvan op ‘n
ander plek te hou in geval van ‘n brand.
Skoon water moet by die stoor beskikbaar wees
en ‘n veiligheidstort moet aangebring word.
Respirators en filters wat gebruik word, moet in
‘n plastieksak op ‘n ander plek as in die stoor
gebêre word.
Die stoor moet ten alle tye gesluit wees en die
sleutel moet deur ‘n verantwoordelike persoon
gehou word.
Borde en tekens
Die toepaslike brandweerborde sluit daardie
borde in wat die posisie van die brandtoerusting
aandui asook die tipe toerusting. Die tekens
moet vierkantig wees – tussen 190 mm en
290 mm groot. Die piktogram moet 75% - 90%
van die oppervlakte beslaan en die kleur is rooi
op ‘n wit agtergrond.
Die inligting- en algemene borde dui onder
meer aan waar die noodtoerusting gestoor word
asook waar ontsnaproetes, drinkwater, toilette
en oogspoeltoerusting is. Hierdie piktogramme
is smaraggroen op ‘n wit agtergrond. Borde met
betrekking tot beskermende klere en -toerusting
is donkerblou en dui aan watter tipe toerusting
gedra en gebruik moet word, soos byvoorbeeld
klere, oogbeskerming en respirasietoerusting.
Verbode tekens is seinrooi op wit en sluit geen
rook, geen oop vure en toegang verbode vir
ongemagtigde persone in.
Waarskuwingstekens is swart op ‘n geel
agtergrond en sluit algemene waarskuwing,
brandgevaar, giftige stowwe, vurkhyser en
elektriese skok in.
Borde en tekens moet op sigbare plekke
aangebring word en naby die plekke waar dit
van toepassing is. Die borde is gewoonlik by
‘n wye verskeidenheid verskaffers beskikbaar,
waaronder hardewarewinkels, drukkers en die
verspreiders van noodtoerusting. Meer inligting
is in SANS 10263 (2009:
The warehousing of
dangerous goods
), wat by die SABS te koop is,
beskikbaar.
Skrywer: Nic Greyling, Bestuurder:
Skakelingverspreiders, AVCASA
2014
81
G
RAANGIDS