VILLA CROP
Kunsmismengsels
Kunsmismengsels met verskillende verhoudings
van N (stikstof), P (fosfaat) en K (kalium) is
beskikbaar. Die vrugbaarheidsyfer van die grond
in terme van enige tekorte sowel as die koste
van die nutriënte in die spesifieke mengsel sal
bepaal wat die gewenste mengsel is. Wanneer
daar geplant word, sal kunsmismengsels óf
uitgestrooi en ingeploeg word, óf in stroke
geplaas word.
Komposisie van voedingswaarde: N-, P- en
K-mengsels in verskillende verhoudings word
gebruik vir spesifieke doeleindes of gewasse.
Die 2:3:2(22)-mengsel bevat byvoorbeeld ‘n
totaal van 22% plantnutriënte (N plus P plus K).
Die 2:3:2-verhouding dui op ‘n verhouding van
2N:3P:2K, wat in totaal sewe dele van nutriënte
bied. Die mengsel bevat dus: 2/7 x 22/100
= 6,3% N, 3/7 x 22/100 = 9,4% P en
2/7 x 22/100 = 6,3% K. In groter hoeveelhede,
bevat elke sak (50 kg) van hierdie kunsmis
3,15 kg N, 4,7 kg P en 3,15 kg K. Hierdie
komposisie van voedingswaarde word gebruik
om die kwaliteit van ‘n mengsel wat aangebring
gaan word te bepaal.
Berekening
•
Die aanname word gemaak dat die pro-
dusent 2:3:2(22)-kunsmis beskikbaar het en
besluit het om nie ‘n ander mengsel te koop
nie.
• Volgens ons voorbeeld, is die nodige voe-
dingswaarde vir ‘n bepaalde opbrengs van
2,5 t/ha bereken as 66 kg/ha N, 17 kg/ha P
en 35 kg/ha K en ‘n besluit is gemaak om ‘n
derde van die N-vereistes (22 kg/ha) te plant.
Veronderstel 2:3:2(22)-kunsmis is beskikbaar
en sal gebruik word.
• Die skaal van toediening word bereken
as N = 22 x 100/6,3 = 349 kg/ha,
P = 17 x 100/9,4 = 181 kg/ha en
K = 35 x 100/6,3 = 556 kg/ha. Dit is van-
selfsprekend dat die hoeveelhede aansienlik
sal verskil en ‘n besluit moet gemaak word
ten opsigte van die skaal van toediening.
Die vraag of die P- of K-status in die grond
voldoende is, sal hierdie besluit beïnvloed.
• As die grootste hoeveelheid (556 kg/ha)
aangewend word om aan die K-vereiste vir ‘n
opbrengs van 2,5 ton/ha te voldoen, impli-
seer dit dat 556 x 6,3/100 = 35 kg/ha N en
556 x 9,4/100 = 52 kg/ha P aangewend sal
word. Dit is nie ekonomies nie, aangesien
daar ‘n oorskot van 13 kg/ha (59%) N en
35 kg/ha (206%) P sal wees.
• As die status van die grond bevredigend is,
sal die volgende alternatief wees om
349 kg/ha aan te wend om sodoende aan
die N-vereiste te voldoen. Die gevolg sal ‘n
toediening wees van 349 x 9,4/100
= 33 kg/ha P en 349 x 6,3/100
= 22 kg/ha K. Dit sal steeds onekonomies
wees, aangesien daar ‘n oorskot van
16 kg/ha (94%) P en ‘n tekortkoming van
2 kg/ha (6%) K sal wees.
• ‘n Derde alternatief is om die vereiste
P (17 kg/ha) aan te wend met die gevolg dat
181 x 6,3/100 = 11 kg/ha K aangewend sal
word. Hierdie tekortkoming van 11 kg/ha
(50%) N kan nog bo-bemesting ontvang,
maar die tekortkoming van die 24 kg/ha
(69%) in die K-vereiste is ernstig. Hierdie
alternatief is meer ekonomies, maar kan
net oorweeg word as die K-status van die
grond hoog is en die K-bemesting ten minste
verdubbel kan word gedurende die volgende
produksiejaar.
• In hierdie geval sal dit meer ekonomies
wees om ‘n mengsel met ‘n meer geskikte
komposisie te gebruik.
Bron: ARC-GCI/LNR-IGG •
Bereken N-, P- en K-vlakke in kunsmis
2014
75
G
RAANGIDS