Graangids 2014 - page 136

Voornemende uitvoerders is dikwels onseker
oor die prosedure wat gevolg moet word indien
grane of oliesade uitgevoer wil word. Die basiese
konsep vir meeste van die kommoditeite is
dieselfde. Die onderstaande is ‘n kort oorsig van
die prosedure en die reëlings wat gevolg moet
word om kommoditeite na ‘n ander land uitgevoer
te kry. Indien ‘n produsent vanaf plaasvlak self
wil uitvoer, sal hy ook hierdie stappe kan volg.
Betalingsprosedures word egter nie hier
bespreek nie.
1. Wie kan help?
1.1
Meeste handelaars maak van ‘n “Forward
and Clearing House” gebruik om die uit-
voere en die dokumentasie te hanteer en die
proses te vergemaklik. Maatskappye soos
Value Group, ASR Freight, UTI en Evergreen
kan in hierdie verband geskakel word.
1.2
Indien ‘n persoon self die uitvoere wil han-
teer, moet hy eerstens registreer om as ‘n
uitvoerder en ‘n voedselbesigheidsoperateur
op te tree (DA 185-vorm is by die SAID
beskikbaar). Hy moet ook ‘n sertifikaat besit
wat bevestig dat hy aan die voedsel-
veiligheidsprosedure voldoen.
1.3
Die uitvoerproses moet deur geregistreerde
en geakkrediteerde inspeksiemaatskappye
soos SOCOTEC en INTERTEK gemonitor
word ten opsigte van kwaliteit en prosesna-
volging.
2. Wie se goedkeuring en watter permitte het
ek nodig?
2.1 Voedselveiligheid
Die Raad van Toesig op die Uitvoer van
Bederfbare Produkte (PPECB) moet die
kwaliteit van die graan vir voedselveilig-
heidsdoeleindes toets en ‘n sertifikaat uit-
reik. ‘n Uitvoerpermit (SAD 500-vorm) word
vervolgens vanaf die SAID verkry, wat die
besending tesame met die goedgekeurde
kwaliteitsertifikaat vanaf die PPECB (die
oorspronklike dokument) moet vergesel.
2.2 GMO-status
Ten einde enige graan uit te voer (GMO/nie-
GMO), moet daar vir ‘n GMO-statussertifikaat
by die Departement van Landbou (DAFF) en die
Direktoraat van Bioveiligheid aansoek gedoen
word.
• ‘n Uitvoerder moet eerstens aansoek doen om
gemagtig te wees om GMO’s te kan uitvoer
deur die volgende dokument te voltooi:
“Application for the authorisation to export
LMO’s from South Africa that are destined for
(i) contained use or (ii) use as food, feed or
processing in the party of import.”
• Indien magtiging verkry is, sal ‘n uitvoerder
tydens elke besending die volgende
dokument moet voltooi: “The issuance
of certificates on the GMO status of
consignments which are commercially
available in terms of GMO Act 1997 in South
Africa (maize, soybeans and cotton).”
• Hiernaas word ‘n GMO-statussertifikaat
verkry deur bewys te lewer dat die
besending vir die teenwoordigheid/
afwesigheid van GMO’s deur die PCR/
kwantitatiewe toetsmetode getoets is.
Die toetsresultate vir ‘n spesifieke silo/
besending is vanaf die dag van die toets
vir ses maande geldig. Toetsresultate kan
‘n maksimum van 1% teenwoordigheid
van GMO’s bevat om ‘n nie-GMO-
statussertifikaat uit te reik.
> Indien dit GMO’s is, moet ‘n beëdigde
verklaring saam met die aansoek inge-
dien word.
> Indien dit nie-GMO’s is, moet ‘n nie-
GMO-statussertifikaat deur ‘n geregi-
streerde GMO-toetsfasiliteit, soos byvoor-
beeld die Universiteit van die Vrystaat,
verskaf word.
2.3 Plantgesondheid
Die uitvoerder moet aansoek doen vir ‘n Plaag
Risiko Raming (PRA) by die Departement van
Landbou, die Direktoraat van Plantgesondheid
asook die betrokke owerheidsinstansie in die
land waarheen uitgevoer word.
3. Wat is ’n PRA?
‘n Plaag Risiko Raming is ‘n standaard
Prosedure vir die uitvoer van grane en oliesade
Volg dié stappe
G
RAANGIDS
2014
122
1...,126,127,128,129,130,131,132,133,134,135 137,138,139,140,141,142,143,144,145,146,...174
Powered by FlippingBook