Graangids 2014 - page 137

prosedure in internasionale handel. Volgens
die Wêreldhandelsorganisasie se sanitêre en
fitosanitêre maatreëls (WTO-SPS ooreen-
koms) het lidlande die reg om sy plante en
omgewing binne sy grense teen vreemde
organismes te beskerm.
• Die plaaslike Nasionale Plantbeskermingsor-
ganisasie (NPPO) moet gepaste en kommo-
diteitspesifieke inligting aangaande die peste
teenwoordig in Suid-Afrika, kan verskaf. Dié
inligting sal die invoerland in staat stel om
invoervereistes en ‘n PRA vir die kommoditeit
te kan opstel.
• ‘n Fitosanitêre sertifikaat sal vervolgens deur
die Suid-Afrikaanse regering uitgereik word
indien daar aan die invoerland se vereistes
voldoen word.
• Die fitosanitêre sertifikaat moet die besen-
ding na die invoerland vergesel.
4. Ander dokumentasie wat benodig word
‘n F178-vorm moet vir belasting- en tarief-
doeleindes vanaf die SAID verkry word.
• ‘n Sertifikaat van Oorsprong (CTO-vorm)
moet by die uitvoerhawe se betrokke plaas-
like owerheid (stadsraad), byvoorbeeld
Durban se Kamer van Koophandel en
Nywerheid, verkry word.
• ‘n Plantinvoerpermit moet vanaf die
betrokke land waarheen die besending
uitgevoer word, verkry word.
• ‘n Kommersiële faktuur moet aan die
invoerder (kliënt) uitgereik word. Die faktuur
bevat die finale gekwoteerde vrag en prys
wat uitgevoer gaan word.
• ‘n Verpakkingslys wat die kommersiële
faktuur vergesel, moet voltooi word. Die ver-
pakkingslys het ten doel om die besending
akkuraat te omskryf, byvoorbeeld
100 x 50 kg-mieliemeelsakke. Die spesifieke
manier van versending (per spoor of per
skip ensovoorts) en opberging moet ook
gespesifiseer word.
5. Logistieke reëlings
Die logistieke reëlings rondom die aflaai
en opberging van die kommoditeit by ‘n
spesifieke hawe, moet getref word.
• Die kommoditeit moet voor versending
berook word. Die gepaste toediening van
beroking moet deur ‘n aanvaarde bero-
kingsmaatskappy gedoen word, terwyl ‘n
berokingsertifikaat ook uitgereik moet word.
Streng maatreëls is hier ter sprake.
• Uitvoerders moet seker maak dat die
versekering met betrekking tot hul versen-
ding in plek is.
Die meeste van die bogenoemde vorms wat
voltooi moet word voordat kommoditeite uit-
gevoer kan word, is op aanvraag vanaf
Graan SA beskikbaar.
Bygewerk deur: Funzani Sundani, Ekonoom:
Marknavorsing, Graan SA
2014
123
G
RAANGIDS
1...,127,128,129,130,131,132,133,134,135,136 138,139,140,141,142,143,144,145,146,147,...174
Powered by FlippingBook