Stakings in die landbousektor:
Enkele riglyne om te volg
Nywerheidsaksie of stakings is ‘n dinamiese,
komplekse en uitdagende proses. Die bestuur
daarvan is van die moeilikste arbeidsituasies
wat bestaan en daarom moet dit uiters omsigtig
hanteer word.
Wetgewing bepaal hoe stakings gereguleer
word. Daar is dus verskeie onwettige maniere
van staak.
A. Wetgewing: Wettige stakings
1. Die Wet op Arbeidsverhoudinge reguleer
stakings en die prosedures waarvolgens
opgetree moet word deur beide werkne-
mers en werkgewers.
2.
Stakings word gedefinieer
as die gedeelte-
like of algehele weerhouding van arbeid,
die vertraging of obstruksie van werk deur
‘n groep werknemers, gewoonlik met die
doel om ‘n grief of dispuut van gemeen-
skaplike belang te hanteer.
3.
Protesaksie, ook ‘n vorm van staak, word
gedefinieer
as die gedeeltelike of algehele
weerhouding van arbeid, met die doel om
‘n sosio-ekonomiese belang van werkne-
mers in die algemeen te bevorder.
Hierdie optrede is meer in algemene
belang om werkgewers te dwing om aan
sekere algemene sake toe te gee.
4.
Beskerming teen ontslag
Die Wet op Arbeidsverhoudinge verleen
beskerming teen ontslag aan werknemers,
sou hul aan ‘n wettige staking deelneem.
Weerhouding van arbeid gee hulle egter
nie die reg tot vergoeding nie. Die beginsel
van geen werk, geen betaling, sal dus geld.
Onwettige stakings of wegbly-aksies het
nie hierdie beskerming nie en werknemers
wat sodanig optree, kan dissiplinêre aksie
verwag.
5.
Vereistes vir beskerming gedurende wettige
stakings
Artikel 64 van die Wet op Arbeidsver-
houdinge skryf prosedures voor wat gevolg
moet word voordat werknemers tot ‘n wet-
tige staking mag oorgaan.
- Die dispuut of grief moet met die werk-
gewer bespreek wees.
- Sou geen oplossing gevind word nie,
word die dispuut na die CCMA verwys.
- Daar moet 30 dae verloop vanaf verwy-
sing na die CCMA of ‘n sertifikaat moet
deur die CCMA uitgereik word dat die
grief onopgelos is.
- Ná verloop van die 30 dae of ná
uitreiking van die sertifikaat, moet die
werkgewer ‘n verdere 48 uur skriftelike
kennis ontvang wat die presiese tyd en
aanvang van die staking aandui. Verder
moet hierdie kennisgewing die rede vir
die staking redelik goed uiteensit.
6.
Status quo-bevele
Onderhandelinge tussen werkgewer en
werknemers sowel as toegewings deur
beide partye, sal deur die verloop van die
staking voortduur totdat ‘n aanvaarbare
oplossing gevind word. Werkgewers moet
hul egter daarvan weerhou om voordele
eensydig te implementeer. Werknemers
kan dan aansoek doen om die status quo
te herstel, totdat ‘n behoorlike ooreenkoms
bereik is.
7.
Protesaksie
Hierdie tipe industriële aksie kan slegs volg
indien die werknemers of hul organisasie
die aangeleentheid in dispuut na NEDLAC
verwys en die rede vir hul optrede uitgespel
het. NEDLAC moet aandag aan die redes
gee en daarna moet weer kennis gegee
word vir die protesaksie. Hierdie tipe aksie
kon gesien word tydens die 2012- en
Vervolg op bl. 118
2014
117
G
RAANGIDS