2013-optredes in die Wes-Kaap.
14 dae-kennis aan NEDLAC is nodig
om die optrede te aktiveer.
8.
Betaling tydens stakings
Werkgewers het die reg om lone of sala-
risse te weerhou van werknemers wat aan
stakings deelneem vir solank as wat die
stakings duur. Byvoordele soos behuising
en lewensmiddele moet egter steeds op
versoek van werknemers voorsien word
en is onderhewig aan die verhaling van
‘n aansoek deur die werknemer by die
arbeidshof.
9.
Vervangingsarbeid
Werkgewers behou die reg om tydelike of
vervangingsarbeid aan te wend gedurende
wettige en onwettige stakings. Nie-stakende
arbeid kan ook ontplooi word om stakende
werknemers te vervang. Wees versigtig om
nie-stakende werknemers te bevoordeel
teenoor dié wat staak.
10.
Ontslag van wettige stakers
By normale/wettige stakingsoptrede word
stakers teen ontslag beskerm. Daar be-
staan egter omstandighede waar ontslag
geregverdig mag wees; werkgewers moet
kan bewys dat daar voldoende rede hier-
voor is, byvoorbeeld dat hy/sy skade gely
het as gevolg van stakers se optrede.
B. Wetgewing: Onwettige stakings
Enige staking of wegbly-aksie wat nie aan die
riglyne van die Wet op Arbeidsverhoudinge
voldoen nie, word as onwettig geag.
In die landbousektor, waar daar min of selfs
geen verteenwoordiging is nie, gebeur dit dat
werknemers uit onkunde self die inisiatief neem
en nie die vereiste prosedures nakom nie. Die
vraag is: Hoe word hierdie onwettige aksies
hanteer?
1.
Oproerige of onwettige stakings
Artikel 65 van die Wet op Arbeidsver-
houdinge stel dat stakings onder die vol-
gende omstandighede as onwettig beskou
word:
- Kollektiewe ooreenkomste beperk die
reg om te staak. In landbou en veral in
die graanbedryf, bestaan daar nie sulke
ooreenkomste nie.
- Indien enige dispuut vir arbitrasie of
na die arbeidshof verwys kan word,
word die reg om te staak, ook beperk.
Hierdie dispute is gewoonlik gegrond op
die regte wat werknemers in terme van
wetgewing verkry.
- Wanneer werknemers aan ‘n arbitrasie-
toekenning, óf ‘n sektorale vasstelling,
óf bepalings van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes gebonde is.
- Waar werknemers aan onderhouds-
dienste of noodsaaklike dienste diens
lewer.
- Laastens, as daar ‘n arbeidshofbevel
bestaan wat werknemers verbied om te
staak.
2.
Optrede teen onwettige stakings
Die volgende stappe kan teen onwettige
stakings geneem word:
- Lig werknemers in dat hulle onwettig
optree en dat dissiplinêre aksie hierop
kan volg.
- Verkry ‘n interdik van ‘n arbeidshof om
die staking te stop.
- Werkgewers kan eise vir verliese gely,
teen werknemers instel.
Dit is belangrik dat werkgewers hier van
kundige advies gebruik maak en verseker
dat die nodige vereistes om die staking te
stop, nagekom word.
- Ultimatums moet aan elke stakende
werknemer uitgereik word. Hierdie ulti-
matums moet sy naam bevat en duidelik
die prosedure verduidelik waaraan hy
blootgestel sal word en wat die gevolge
van sy onwettige optrede sal wees.
- Verskeie ultimatums, wat tydperke aan-
dui waarop werknemers moet terugkeer
werk toe, moet uitgereik word.
- Die laaste ultimatum (gewoonlik ‘n derde
een) moet ook genoegsame tyd toelaat
vir stakers om behoorlik te besin oor hul
optredes; een tot twee dae.
G
RAANGIDS
2014
118
Stakings in die landbousektor: Enkele riglyne om te volg
Vervolg van bl. 117