NAMPO OESDAG
Evaluering van ‘n nuwe graankoper
– hoe nou gemaak?
Suid-Afrika se plaaslike en multinasionale han-
delaars word deur ‘n amptelike liggaam, wat as
Sacota (Suid-Afrikaanse Graan- en Oliesadever-
handelingsvereniging) bekend staan, verteen-
woordig. Sacota dryf kwessies wat vir sy lede van
gemeenskaplike belang is. Sacota-lede verhan-
del nagenoeg 90% van alle graan en oliesade
wat in Suid-Afrika verhandel word. Dié syfer sluit
invoere, uitvoere en plaaslike handel in.
Alle Sacota-lede is tot ‘n gedragskode verbind,
wat die volgende waardes insluit: Etiese verhan-
deling, regverdigheid teenoor almal, nie-dis-
kriminerend en “my woord is my verbintenis”.
Sacota is tans besig om sy aktiwiteite en ledetal
uit te brei. Hoewel lidmaatskap oop is vir almal
wat in die verhandeling van graan belang het,
is lidmaatskap nie onvoorwaardelik nie. Alle
aansoekers moet deur Sacota-lede van goeie
naam en faam voorgestel en gesekondeer word.
Die uitvoerende komitee van Sacota moet dan
daarna ook nog die nuwe voorgestelde lede
aanvaar.
Rig enige navrae in verband met Sacota aan
De Wet Boshoff by 012 663 9097.
Arbitrasie
Die SAGOS 9-kontrak bepaal dat dispute onder-
hewig aan die bepalings in die kontrak, vir arbi-
trasie verwys moet word. Hierdie kontrak maak
geen toegewing om ‘n regsgeding bo arbitrasie
te kies nie. Skeidsmanne sal vir ten minste tien
jaar in goeie naam deel van die graanhandel
of ‘n senior regspersoon moet wees. Arbitrasie
geskied onder die beskerming van die Arbitrasie
Federasie van Suid-Afrika (AFSA).
Skakel AFSA se sekretaresse, Isabel Terk, by
011 320 0512 as jy enige navrae oor arbi-
trasie het.
Opleiding
Navrae met betrekking tot moontlike oplei-
dingsgeleenthede kan aan Steve Hochfeld by
011 853 2777 gerig word.
Graan SA-lede kan ook vir Wessel Lemmer by
086 004 7246 skakel indien verdere inligting in
verband met Sacota, die standaardkontrak,
arbitrasie of opleiding verlang word.
‘n Sacota-ledelys verskyn op bl. 124 van hierdie
gids.
Bron: Steve Hochfeld, Besturende Direkteur:
Hochfeld Grains
2014
125
G
RAANGIDS